Pêrebytjie en die Namib

  • 0

Ons kry mos darem nou mos weens die logistieke gemaklikheid baie kans om rond te ry en om ons land te verken en ek moet jou sê die Kahnrivier en sy omgewing is baie spesiaal. Die algemene ding is om hom te ry doer van die Rossing se lughawe se kant af en dan die rivier te benader via die murasies en geraamtes van die ou Kahn-myngebied so met die Schlucht af tot in die loop van die Kahn. Nog beter is om nog verder uit Swakop uit te ry, so vir 70km en dan daar die pad af te vat rivier toe en dan het jy nog ’n langer stuk om in die rivier af jou tyd te vat, want as jy entoesiasties is oor mooi rotsformasies en snaakse bylopers, foto’s en dinge, dan gaan jy jou tyd vat. As jy jou oge reg kan instel, sal jy meer diere sien as wat jy verwag het en my liefde is die klipspringers wat in daai koppe woon en ons al amper soos familie kan loop soengroet! Hulle is mos territoriaal en bly in een omgewing.

Maar vat nou jou hout en rooster saam ... tent en kooigoed natuurlik ook en gaan spandeer ’n nag in die woestyn daar in daai rivier wat jy nie sommer sal vergeet nie. O, en moet nie die wors en brotchens a la Swakopmund vergeet nie!

Namib

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top