"Pragtig gebroke" deur Carin Bruwer

  • 0

Pragtig gebroke

Jy sê jy ken my
Maar ek’s nie oortuig nie
Jy sê ek’s sag en onbetroubaar
Maar wat weet jy
Kan jy my gedagtes lees
Kan jy sien wat is my vrees
Wens jy hoor dit gou
Ek hoop dit beteken iets vir jou

Koor

Ek’s pragtig gebroke ek gee nie om as
Jy dit weet nie
Ek’s pragtig gebroke ek gee nie om
As ek dit wys nie
Ek’s pragtig gebroke ek wou dit net met
Jou deel
Ek’s pragtig gebroke jy’t my verniel

Hier tussen die lyntjies
Is waar ek my vrede vind
So speel ek vir jou ’n storie
’n feeverhaal
Ek wys jou my drome
Wil alles met jou deel
Al wat ek kan is met woorde streel

Koor

Ek’s pragtig gebroke ek gee nie om as
Jy dit weet nie
Ek’s pragtig gebroke ek gee nie om
As ek dit wys nie
Ek’s pragtig gebroke ek wou dit net met
Jou deel
Ek’s pragtig gebroke jy’t my verniel

Soos elke aand wat jy sê
Alles sal oukei wees
Soos elke leuen wat jy glo
Elke woord wat spreek
Elke keer as ek sê

Herhaal koor

Ek’s pragtig gebroke
Ek’s pragtig gebroke
Sonder jou …

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top