post-Herwinning-Seleksie

  • 0

meeste voorouers had ‘n stuk land,
meeste Mens uit agraries agtergrond,
kanti, Mens, Kind, vat Lewe in eie hand,
ultra-ge-GM, super-“Duiwelspiek”-sieklik

familie sonner tradisie, vir baie g’n pyn,
innie agterent, of klad op familienaam,
boorlinge, vol FAS, soek bottel, nie tiet,
so baie XXX’ers Gewete-loos, nie skaam

terwyl vyande oor atoomkragaanwending stry,
opposisie-soldaat nie sy of haar aandeel bely,
aan mede-Mens, mede-Aardling, se swaarkry

kort Mens besinning, Gewete-herwinning,
slegs heel sterkstes deel van Oorwinning,
pre-Meditatief uitverkies, uiteindelik Vry

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top