Pos beskikbaar: LitNet-inhoudsbestuurder / -assistentinhoudsbestuurder

  • 0

Is jy 'n Suid-Afrikaanse kultuurfoendie wat aanlyn leef? Is jy beide kreatief én noukeurig, energiek én gefokus? As jy verskeie take gelyk kan uitvoer terwyl jy met toe oë admin doen en lekker inhoud kan uitdink en invorder, dan is jy die perfekte kandidaat om LitNet se nuwe inhoudsbestuurder of assistentinhoudsbestuurder te wees. Ons ideale kandidaat is 'n joernalis en fotograaf, ontwerper en sosialemedia-kenner, internet-junkie en kultuurvraat. Dink jy ons vra te veel? Ons wéét dit reeds! Kontak ons dus indien jy jouself in enige van hierdie beskrywings herken, dan gesels ons verder oor die besonderhede. Stuur 'n e-pos aan Naomi Bruwer by naomibruwer@litnet.co.za vir 'n volledige posbeskrywing en nog inligting oor hierdie geleentheid. 

Sluitingsdatum: 4 Mei 2012

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top