"Porselein van Staal" deur Adrie van der Dussen

  • 0

Porselein van Staal

Praat sonder woorde
Laat die stilte uitskree
Roep uit met jou oë
oor taalgrense heen

Teug met jou hande
die beker weer leeg
En klop met jou trane
aan sy siel se deur

REFREIN:
Bly dapper voortveg in jou stryd
vergeet net ? oomblik jou kwesbaarheid
Jy kan op jou eie drake verslaan
self oor breë woestyne gaan
Want weet dit, jy is vrou
Jy is porselein van staal

Spel uit met jou vingers
die pyn en die seer
Veg met jou wimpers
teen die aanslae van vrees

Getuig teen die onreg
met skouers wat ruk
Laat hoor jou hulpkrete
deur geluidloos te snik

REFREIN

Porselein van staal
Porselein van staal

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top