Populêre politieke konstruksie?

  • 1

Skrywers soos Giliomee, is ooglopend besig met populêre politieke subjektiewe geskiedeniskonstruksie. HOIK se nedersetting, word sommer 'n kolonie? As Amco 'n nedersetting in DRC bou, kolonialiseer Amco die DRC? Dis tragies dat daar so omgegaan word met feite uit verlede, wat soos 'n roman moet lees.

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • François Verster

    Hans iets is net ’n tragedie as iemand dood is. Was dit nie so nie, sou mens kon sê dis tragies dat iemand wat so ’n flou greep op logika soos jy het alewig ander mense wil irriteer met jou eenogigheid. Die VOC het nie vir Van Riebeeck hierheen gestuur om ’n kolonie te begin nie, maar dit beteken nie daar het nooit ’n kolonie ontwikkel nie. Dit het reeds begin toe die eerste Vryburgers grond gekry het – hulle wou nie daarna  teruggaan na Eropa nie, so ...

    Lees tog ’n slag akademies-gefundeerde navorsing, soos Giliomee se werk (nie jou Kinderensiklopedie en wikipedia ni)e. Dit behoort jou vir maande besig te hou – en waartydens  ons  jou gebalk en gekwaak gespaar sal word.

    Swys 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top