Poppehuise
Vers 1:
Ek het ’n vrou in my lewe
en haar hande is sag soos silk
as sy aan my vat begin ek bewe
my bloed kook en my hart klop wild
En als wat sy aanraak verander in goud
verbeel jou wat gebeur wanneer sy vat aan my boud
Ek weet jy dink aan hout maar jy's net stout
Nee sy laat my kosbaar voel my ou
Refrein x2:
Ek is verlief op ’n wonderlike meisie
Een van die dae speel ons poppehuisie
Sy as die ma en ek as die pa
met een of twee kinders agter in die stasiewa
Vers 2:
Sy is die son in my dag
want glo my daar waar sy is skyn dit
Die sterre in my aand en die maan in my nag
’n glans van haar maak gesond wat gepyn’et
Want stap ek saam met haar aan my sy
Dan draai al die manne se koppe om in ’n ry
En ek is nie jaloers nie ek trust haar mos
want sonder vertroue kan ons maar als los
Herhaal refrein x2
Brug x1
Wie kan ons keer want die liefde is jonk
wat ook al gebeur ek ’n vlam sy my vonk
Kom tussen ons dis petrol wat uitstort
so maak breek of bom op
maar sy gaan my vrou word
Herhaal refrein tot musiek vervaag
![]() |



