"Pop Culture Bekeerdes" deur André Terblanche

  • 0

Pop Culture Bekeerdes

Liefde is 'n doolhof emosies wat per toeval in akkoord harmoniëer
Dis 'n sad song met 'n happy chorus
'n Adéle tune met 'n catchy beat

Dis die anthem van die cool kids
Die psalms van die dronkverdriete
Dis die drank wat deur jou are pols
Die lewe se mees vertaalde mite

REFREIN:
So do you prefer love in a glass or in a dress?
Or would you like it in a dance or in random sex?

Want die mullets forseer liefde met hulle spiere in 'n cocktaildress se keelgat af
Terwyl swart emo kuiwe en flatcaps “The first cut is the deepest” in pare
ernstig opneem en skarlaken sweet
Want onthou die liefde maak seer

Dis die anthem van die cool kids
Die psalms van die dronkverdriete
Dis die drank wat deur jou are pols
Die lewe se mees vertaalde mite

REFREIN

So voorwaarts mars, pop culture bekeerdes, and put your hands in the air
Want jy't lankal vergeet liefde is die musiek en nie die flippen disco nie

Dis die anthem van die cool kids
Die psalms van die dronkverdriete
Dis die drank wat deur jou are pols
Die lewe se mees vertaalde mite

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top