Skryf 'it soes jy praat

  • 1

<< Gaan terug na Poolshoogte
>> Nog menings
Lewer kommentaar heel onderaan die bladsy of stuur jou reaksie aan poolshoogte@litnet.co.za.

Dit was ’n dag wat ek nooit sal vergeet nie.

Ek praat van een van dai opstelle wat ôs moet geskryf ’et innie eksamen toe ek nog in graad 10 was. Ek was nogal goed in Afrikaans op skool. Afrikaans en Engels was al vakke wat ek altyd geslaag ’et. Maa dai dag toe sit ek en hou my vraestel dop en in my mind flick ek dee my memories soes ’n photo album en kyk vi iets wat ’n teacher sal tevriede stel. Oppie ou einde toe beslyt ek om maa vi die juffrou ’n note te skryf en te veduidelik dat al my dae “wat ek nooit sal vergeet nie” some form van violence of psychological abuse gan entail en ek dinkie ek het mee krag om nog ’n opstel te skryf oo hoe lekker dit was by die strand en hoe my pa agterna die dag moes red toe Buks, ons hond, omgeslaan was deur ’n tamaai brander nie. Wan ôs hettie ’n hond genaamd Buks gehad ’ie, ôs se hond se naam was Brandsiek, wan hy het permie brandsiek gehad, en innie unlikely event dat ôs hom saam sea toe sal gevat ’et, en as hy innie wate in gehaloep ’et en ampe vesyp ’et sal dai die laaste van hom gewies ’et wan ek kannie swem ’ie en my pa sal net daa gesit ’et en gesêrit: “As hy in byrie sea kan haloep moet hy sieke maa kan yt haloep.”

Die nice ding daavan om te decide jy gan nie mee participate ’ie though, is dat jy kan lê met jou kop oppie bank en assie teacher wie invigilate se rug gedrai is, kan jy die analphabetic cunt ookant jou roep en vra om sy opstel te sien. Die laitie ookant my was Warren Fowler, maa ôs het hom Vader of Mr Fowler geroep omdat hy 21 geraak ’et in graad 8. Mr Fowler dryp elke jaa Afrikaans en as jy Afrikaans dryp, dan kan jy maa al jou anne vakke slaag, jy dryp nog altyd die jaa, wan Afrikaans is jou hystaal, wat of course ironic was, wan Afrikaans wassie ôs se hystaal ’ie. In fact die Afrikaans wat ôs op skool gedoen ’et, het net ’n passing resemblance gehad to die Afrikaans wat ôs byrie hys gepraat ’et. Ek hoef net an Mr Fowler te dink sywer Afrikaans byrie hys praat dan begin ek ’n laughing fit te kry wat maak dattie menee omdrai en my ankyk asof ek altyd in eksamenlokale lag, maa ek sak my kop en hou my lag in, wan ek soekie nou die menee op my case ’ie, ek wil ees Mr Fowler se opstel lies, wan dan gan ek rêrag ’ie my lag kan inhou nie, en dan gan hulle miskien my vraestel opskee en my yt ’ie eksamen lokaal sit. Dan kan ek vroeg hystoe fokof.

Mr Fowler kyk my suspicious an wanne ek hom roep, maa ek promise hom ek is klaa met my opstel en ek wil hom help, ek gan vi hom ’n paa lines skryf. Mr Fowler is desperate om dié kee graad 10 te slaag, soe hy gie maa vi my sy opstel, met soe ’n defeated look op sy gesig, wat maak dat ek beslyt ek gan maa rêrag vi hom ’n paa lines skryf. Dan kan hy miskien maklik 10 yt ’n 100 kry.

Ek kyk Mr Fowler se opstel an, en ek dink ek gan die kak oppie tafel van my hart skryf, ek gan nog vi jare kan lag vi die shit.

’n Dag wat ek nooit sal vergeet nie

Ons biere mense. Ons biere mense is goeie mense. Ons speel grag sam. Ons bere mense braai gerelt dat eet ons almal die lekernye. Ek hou baie van ons bure mense. Ons biere mense het 2 seens ons lag leker sam terwuil ons baljaar op die strant. Dit was ’n dag wat ek nooit sal virgeet nie.

Yt ’n possible 400 woorde het hy net gemanage om 64 te skryf, maa elke line isse faultless manifestation van stupidity, ampe soesle mot juste vi morons. Mr Fowler kan sense hy hette mistake gemaak om vi my sy opstel te gie, wan ek lê met my kop op my arms soes een wie slaap, maa my body ruk uncontrollably soes een wie hyl of lag. Ek wiet hy wil vi my iets sê, maa die teacher staan tussen ôs. Wanne die teacher na die vooste ry toe loep, roep Mr Fowler my saggies: “Jy jou nai, waavoo lag jy?”, maa hy het self lag in sy stem, wan hy wiet hy is kak dom. Dan sê hy wee lag-lag: “Jou nai jy wiet mos ’n man kannie die kak doenie, skryf ’n paa stukkies haa, jou ma se poes, moenie soe wiesie.”

Ek was al eenkee saam Mr Fowler by sy hys, eenkee wat ôs saam skool gebunk ’et. Sy neighbours oo wie hy innie opstel skryf kannie die mense wies wie ek gemeet ’et ’ie, unless Mr Fowler ’n double life liewe. Hulle was ’n klomp alcoholics en druggies. Hulle het loud music gespeel en ’n kis bier gedrink oppe Woensdagoggend. Hulle het heeltyd vi ôs geskrie oo die muurtjie: “Kom drink julle naies!” Die vrou vannie hys het vi ôs gesê: “Kom – kom julle fokkit op dái kant dan fok ôs ’it op dié kant.” En hulle een seun was dood by the way, die anne drie was innie tronk, soe ek wiettie wanne hulle en Mr Fowler soe lekke gebaljaar en gelag ’et oppie strand ’ie.

Ek sit en hou die blaai dop en decide, okay, ek gan iets skryf vi Mr Fowler, wan die cunt sit en kyk my an asof hy ’n brood se geld by my soek. Vi some reason is ’it makliker vi my om vi Mr Fowler ’n opstel te skryf as vi my self en ek jot die ding inne paa minute nee.

’n Dag wat ek nooit sal vergeet nie

Toe ons klein was het ons familie gereeld strand toe gegaan. Al die neefs en niggies en ooms en tannies. Ek het een oom wie ’n rasta is, hulle het altyd vi hom agter die kinders laat kyk. My rasta oom het nie rerig agter die kinders gekyk nie, dis meer asof hy op sy hurke gaan sit het op die sand vêr genoeg van die see af sodat die water hom nie kan bereik nie, maar naby genoeg sodat as een van ons begin verdrink hy ons sal kan uitduik het. Ek het nooit gedink dis eienaardig dat hy so houtgerus kan sit terwyl al die klein kinders in en uit by die branders hardloop nie, seker omdat ek klein was en gedink het ek gaan nooit dood gaan nie, en dat die grootmense altyd in beheer van alles is. Ek het nooit gedink dis eienaardig dat my pa en my tannies en ooms altyd vreeslik baie gedrink het op die strand nie. Die twee goed wat jy altyd gesien het, tussen die rotse waar die water vlak was, was ’n waatlemoen en ’n kis biere wat staan en koud raak. Die waatlemoen was vir die kinders en ek kan nou nog myself sien: kaal-bolyf in my onderbroekie, my neus vol soutwater en snot, my tone vol nat sand, uitasem van resies hardloop vir waatlemoen. Daai was altyd vi my die hoogtepunt van die strand, selfs beter as die braai vleis, maar soos meeste hoogtepunte in die lewe was dit amper altyd gevolg deur ’n laagtepunt. Die laagtepunt was dat teen die tyd dat jy die laaste van die water uit die waatlemoen se skil gesuig het, is al die grootmense behalwe my ma, en een of twee ander grootmense heeltemal gesuip, en dan soek iemand gewoonlik ’n mes om iemand te steek. Maar daai was nie ongewoon nie, dit was amper soos ’n ritueel. ’n Uur of wat later was alles weer normaal en dan speel ’n oom kliphard musiek in sy motor terwyl almal dronk slow dance. Een keer toe ons op ’n familie-uitstappie was was daar ’n familie wie nog harder partytjie gehou het as ons. Toe dit amper tyd was om huis toe te gan toe roep my oom vir my: “Kyk, daai dronklap gaan sowaar van die rotse afduik.” Hy het direk op sy kop beland en was dood voor die branders hom kon wegspoel.

Ek gie vi Mr Fowler die blaai an, hy kyk ees ’it vi five minutes an, en dan vra hy my, “My broe watte kak is dié?” Ek gie nie vi hom antwoord ’ie. Ek sak my kop oppie bank, ek wiet hulle gan hom nul gie vi dai opstel, hulle gannie ees omgie oorie feit dat Mr Fowler ’et impossibly self geskryf ’et ’ie, hulle gan ’it net soe bored ankyk en dismiss, maa ek worry nie, wan ek haat die Afrikaans teachers anyway, ek haat hoe hulle vi ôs force om boeke te lies van Dalene Mathee en poetry van DJ Opperman. As ek dai name sien dan wil ek virrie teacher vra, Wat de fok het dié met my te doen, ek gie nie ’n fok om oo Ogilvy Douglas ’ie, Ogilvy Douglas isse cunt. Elke kee as die menee se rug gedrai is though, roep Fowler my, “My broe maak die kak reg man.” Ek dink by myself, Fowler jou dom poes, jy was perfectly happy met dai kak wat jy geskryf ’et, hoe kan wat op dai blaai staan vi jou ’n problem wies? Ek raak skielik annoyed met Mr Fowler, ek wil hê hy moet recognise dat ek iets geskryf ’et wat vi hom iets moet beteken, ek wil hê hy moet moved wies. Maa hy dink net heeltyd an ’ie feit dat hy wee graad 10 oo sal moet doen. Dan snap ek vi hom en sê vi hom had dat ammel kan hoo: “Jy Fowler jou dom nai, gie die ma se poes trug as jyrit ’ie gan gebryk ’ie.” Hy sê naai is orait is bieter as niks. Ek staan op en stap na sy bank en gryp ’ie blaai en sê ek gan nou die kak opskee, maa Mr Fowler sê, “Naai my broe, lossie blaai”, maa dan kom die menee en sonne om ienagge iets te sê, vat hy my vraestel en hy vat Fowler se vraestel en trek twie moerse rooi lyne oo altwie en gooi ’it op sy tafel. Dan drai hy om en sê: “Reg, loop manne, ek gee julle die res van die dag af, julle kan sommer more ook wegbly, sê ek het julle toestemming gegee.”

Jare later, toe ek self Afrikaans en Engels geteach ’et by my ou high school, toe sê ek eendag vi my Afrikaansklas: “Skryf vi my iets oo waa jy vandaan kom, en skryf ’it soes jy praat.” Hulle het my net angekyk asof ek befok is. ’It het about drie Afrikaanse periodes gevat om hulle te convince om net te doen wat ek vi hulle fokken sê, hulle hoefie te vestaan hoekom ek soe sê nie. Ek was amazed deu die shit wattie laities geskryf ’et, terrified deu sommige vannie goed. Toe ek later ’ie dag met my vakhoof sit en merk en vi haa vetel vannie opstelle wat my klas geskryf ’et, vannie drugs ennie sex ennie violence, vannie abuse ennie trauma, toe sê sy as ’n kind vi haa sukke goed skryf, dryp sy hulle onmiddellik. “As jy skryf dan moet jy jou verbeelding gebruik, as jy wil praat oor daardie goed moet jy met die Voorligting-onderwyser gaan praat, die Afrikaans-klas is nie die plek daarvoor nie.”

<< Gaan terug na Poolshoogte <<

Uit die LitNet-argief

Briewe deur die lug
Mosaïek van kultuur: die vele fasette van EKM Dido
– Marguerite Black
2000

Young Voices Conference 2004
A question of diversity
– K Sello Duiker
2004-10-18
Essay
Kô lat os praat! #prefablyinkaaps
– Shirmoney Rhode
2013-11-04
Onderhoude
"poetry oo die liewe annie anne kant" – Ronelda Kamfer gesels met Nathan Trantraal oor Chokers en Survivors
– Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal
2013-07-17
Menings
Kaaps is nie ’n joke-taal – Robert J Pearce antwoord Nathan Trantraal
– Robert J Pearce
2013-08-05
Menings
Wat bedoel hy Small het Kaaps in ’n joke-taal verander?
– André Trantraal
2013-08-19
Onderhoude
Michael le Cordeur gesels oor Kaaps
– Michael le Cordeur, Naomi Meyer
2010-07-14

Akademies
Kaaps in fokus! Verslag oor die simposium aan UWK, 19–20 Julie 2012
– Gunther Pakendorf
2012-07-26

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
“Moetie rai gammattaal gebrykie”: Die gebruik en waarde van ’n Tienerkaaps in gedrukte advertensies
– Elvis Saal, Joline Blignaut
2011-11-10

Akademies
Kaaps in fokus-referaat: Ekonomiese bemagtiging in Kaaps – ’n geletterdheidsperspektief
– Danie van Wyk
2012-07-26

  • 1

Kommentaar

  • Marlene van Niekerk

    Male torso, marble (perhaps Parian), from the island of Miletos, "Severe" early classical style. c 480-470 BC. The Louvre, Paris. Photo © R.M.N./H. Lewandowski

    Antique torso van Apollo

    Ôs het hommie gekennie, sy amazing kop makee-
    ran waa’innie oegappels kon ripen. Maa
    sy bô’skas glitter nou nog soese chandelier
    waa in sy gaze, net partly teruggescrew,

    noggie heeltyd shine en anhou stew. Anneste konnie bulge
    van aai breastplates jou nie soe gedazzle hettie,
    neither konnie slight twist vannie hips ‘n smile indulge
    het in aai plek waa rie genitals soe forceful brand.

    Anneste was hierie klip net somme plain defaced,
    en hettie lyf te kô’t onnerie see-through skoue’s
    ytgeval, sô’ne raai sequins bright soes oppe cheetah-fur,

    en sô’ne lat aai brilliance ytbars yt al sy ranne
    soese ster: want soes jy nou daa staan, check hy jou
    van alle kante. Jy moet jou lewe ve’anne.

    (Vertaling deur M van Niekerk van “Archaïscher Torso Apollos”, Rainer Maria Rilke)

    Archaïscher Torso Apollos

    Wir kannten nicht sein unerhörtes Haupt,
    darin die Augenäpfel reiften. Aber
    sein Torso glüht noch wie ein Kandelaber,
    in dem sein Schauen, nur zurückgeschraubt,

    sich hält und glänzt. Sonst könnte nicht der Bug
    der Brust dich blenden, und im leisen Drehen
    der Lenden könnte nicht ein Lächeln gehen
    zu jener Mitte, die die Zeugung trug.

    Sonst stünde dieser Stein entstellt und kurz
    unter der Schultern durchsichtigem Sturz
    und flimmerte nicht so wie Raubtierfelle

    und bräche nicht aus allen seinen Rändern
    aus wie ein Stern: denn da ist keine Stelle,
    die dich nicht sieht. Du mußt dein Leben ändern.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top