vir Joan
Meer as twee dekades al konstant
'n faset van my daaglikse bestaan
soos die polshorlosie wat jy my klok-
slag gee as geskenk, onontwrig-
baar soos 'n silwer hart wat klop
waar tyd soos bloed verdig -
in die nag by vol- of donkermaan
digby myne & afgemete jou gesig.

