Polities inkorrek
In 30 sekondes bloei jy dood.
Soos 30 sekondes in die gaskamers vir 'n Jood,
flits jou gewete kortgeknip voor jou aangesig.
So het Hitler in Auschwitz lewens met doodstraf getugtig.
Berei jouself voor vir die duiwel se oorlog.
Leuens, diefstal, moord, depressie en bedrog.
Ons wêreld word jou wrede ondergang.
Polities in die kop geskiet, onder vriende gehang.
Die galgtou wurg jou persepsie oor die beeldskoonheid.
Van liefde, seks en sonsondergange weggesmyt.
Lewe maar voort in jou tronk ou kluisenaar.
Jou Cognac en jou Caviar sal jou sekerlik bewaar.
Net nog 'n mes.
Gewoontes word gewere.
Darem net gekwes.
Maar hierdie wond lek nie homself nie.
Soos die kommersiële kontroversie van anders wil wees,
konvergeer die korporasie se koue, steriele vlees.
Ons is maar net hartelose klante sonder koopkrag.
Soos die aandeelhouers met ovaalkoppe en eindelose mag.
Waarheen draai u wiel u Edelagbare?
Vir die reg van onregverdige handgebare,
en skuiltaal u omkoop met gunste en genot.
Gaan haal maar daardie grondwet agter grendel en slot.
![]() |



