Politieke korrektheid

  • 22

Die mening hieronder is die mening van die briefskrywer en weerspieël nie die mening van die LitNet-redaksie nie.

#MeToo het skynbaar oorgespoel van die VSA af, ná vroue bekende Hollywood-manne laat val het. Daar is die suide se vlag, die suide se standbeelde, onwettige immigrante, geslagtelikheid ens. 

Dan dink ek aan geweld tydens plaasaanvalle teen wit vroue en kinders, waaroor geen swart optogte gehou word nie. 
 
Duidelike George Soros-agenda. Selfs Soros-agenda in bv, na my mening, die ATKV? Daar is geen reënboognasie nie, slegs meelopers met Yank-populisme. Dis van om te kots, soos inheemse kultuur verwerp, vertrap en ondergrawe word met uitheemse politieke korrektheid. 
 
Hans Richardt 
  • 22

Kommentaar

  • Nee kyk, Hans, George Soros se agenda "in die ATKV", soos jy sê? Nou't ek als gehoor! Heerlik gelag, so op my eie.

    Die blou het sommer gewyk uit my Maandag uit.

    Dirk

  • Ja, nee! sê ek mos noudiedag vir my swaer, Kosie Liegbek. Onse ou klippie wat so rustig om die son draai, sou maar 'n vervelige plek gewees het, was dit nie vir al daai konspirasiestories nie.

  • Hans Richardt

    Wel, menere wat dink ek skryf oor samesweringsteorieë, dink weer. Was Bell-Pottinger dan deel van die sameswering?
    Dink aan swart veldtogte bv Rhodes must fall, Afrikaans must fall, European ideas in science must be Africanised ens. Dink aan Nelson Mandela-stigting wat 1928 vlag as haatspraak laat verklaar het, soos die Confederacy se vlag in suide van VSA.

  • Hans Richardt

    Baie dankie Charles vir erkenning. Ek lees wyd nuus op selfoon, hier in Noordkaap is nie opvangs vir TV of Radio sonder Mense nie. Ek lees wyer as Afrikaanse tipiese nuus en Media 24 se Pietertjie du Toit opinies... Doen dit vroegoggend en saans.
    Ongelukkig het SA nuusmedia 'n eiesoortige verwysingsraamwerk in vorm van SANEF. Ek twyfel bietjie oor werklike objektiwiteit...
    Verder, bly familie in VSA en ek gesels soms op WhatsApp oor die goed.

  • Hans Richardt

    Ek wonder dikwels oor die tirannie van demokrasie, waarin massa se gevoel oor aangeleenthede altyd reg is.
    Is die tirannie van demokrasie nie juis ook wat apartheid veroorsaak het nie, aanvanklik nie, toe die meerderheid wittes daarvoor gestem het nie?
    Die ATKV was nog altyd organisasie van spoorweg amptenare en nie op tyd nie...net soos Dr Rina Venter nog "reënboog nasie droom" smous, van ons moet staat regmaak? Hoe, sê sy egter nie, behalwe dat alle etniese groepe moet almalgemeer om die regmaak te doen nie. Alles ou politieke korrekte retoriek, wat in praktyk nie werkbaar is nie.

  • Hans Richardt

    Ek dink dat selfbeskikking reeds gebeur, dmv organisasies soos Solidariteit, Afriforum, Orania en Kleinfontein. Daar is bv Akademia, Soltech, CVO skole en Afriforum gemeenskapveiligheid, waarmee ondermeer plase beveilig kan word in plattelandse distrikte.
    Wat nou pro-aktief beplan moet word, is gemeenskap gesondheiddienste.
    Wit Afrikaners is reeds wetlik gemarginaliseer dmv regstel aksie, BBBEE en ander regspraak, wat selfs vryheid van uitdrukking beperk met kultuursimbole.
    Feit is, ek wil nie etniese almalgamasie ondeeskryf nie, want dan gee ek my vryheid van keuse en assosiasie self op. Wat kritici nie besef nie, is dat elke toenadering toegewing, kom met prysgee van kollektiewe en indiduele fundamentele regte.
    Selfs die FW de Klerk stigting staan vir opgee van fundamentele kollektiewe en individuele menseregte, met voortdurende oproep tot soen om te versoen, vir "reënboog nasie"!

  • Hans dit sal nie help om die allesweters te probeer oortuig nie. Die Amerikaners, Britte Duitsers noem die lande op, gebruik almal beinvloedings strategieë, destabilisasie metodes om hul doelstellings te bereik. Ons vorige bedeling het dit ook gedoen. Dit is die ou teorie van "devide and rule". Dit is tans aan die gebeur in die land. Die plek is vervuil met oud KGB manne. Praat nie eers van die Sjinese nie. Elke jakkals en muishond is bedrywig in die land. Die sg NRO (Non Governmental Organisations) is fronte van baie lande. Die "slimmes" is gou om dit as spookstories en sameswerings teorieë af te maak. Ek verwerdig my nie eers om in gesprekke met hulle te tree nie. Wat my ook verbaas is dat ons sg vrye pers mildelik tot die konkelaars se doelwitte by dra en bevorder. Alles onder demokrasie.

  • Hans Richardt

    Ek dink die internasionale agenda van soen om te versoen, is agenda van selfs VN. As dit werklik so goeie beleid was, waarom het ons eeu van BAIE oorloë beleef, waarin etnosentrisme juis onderbou was? Ek hou Bengaalse en Zebra vinkies in hok. Almal is vinkies met rooi bloed, maar daar is konstante gevegte en hul maak verskillende geluide, as die "swartbaardjies" vinkies van Noordkaap buite in veld? Kruis jy hul, het jy nog net vinkie oor, sonder spesifieke naam, met geen spesifieke klank om te behoort nie. In my Eenvoudige redenasie, vinkies het hul eie kultuur en taal, al is hul in geforseerde omgewing van hok.

  • Hans Richardt

    Angus, vir 'n Noordkaapenaar uit Diamantveld, tot by PU vir CHO, is jy besonder konserwatief in opvattinge of is dit nou liberaal uit Liberalia?
    Dalk is dit Kwazulu Natal se invloed, te veel warm kerrie? Vir 'n man met van Bester, behoort jy die affêre van ATKV te verstaan, wat in meer tyd aan jongmense in Soweto en op Kaapse Vlakte spandeer.
    Dit pas perfek by Soros Foundation se strewe in.

  • Hans Richardt

    Lees vandag dat politieke korrektes in EU onmiddelik omgesukkeld was, toe nuwe EU president 'n department vir bewaring van inheemse europese kultuur ingestel het. Skielik mag europeërs nie meer hul eie westerse kultuur aanhang nie. Soros se Open Society Foundation het skoen in agterent gekry van Victor Orban in Hongarye, juis a.g.v. hul politieke korrektheid daar. Orban is dus nie uit EU geskors nie, maar EU volg sy voorbeeld instede. Net soos Trump en Putin dieselfde houding inneem van eie kultuur, al moet Trump grensmuur bou om sy doelwit te bereik. Interresant dat Orban en Trump se muur nie dieselfde aandag kry soos destydse Berlyn muur nie... Ek onthou tydskrifte en koerante se berigte in 1960's en 1970's oor Berlynse muur, alles behalwe

  • ra myself af wat is politieke korrektheid nou eintlik?Anton van Niekerk som dit soos volg op: Die begrip “politieke korrektheid” verwys na ’n soort geveinsdheid in spreke en optrede wat daarvan wegskram om vermeende onreg en onbevoegdheid by die naam te noem, en wat daarom, bloot ter wille van gedienstigheid aan aanvaarde sosiale konvensies, sake só voorstel dat die waarheid omtrent wat verkeerd loop in die samelewing, verdoesel word deur wat ons sê en soms ook doen.(Wigte en teenwigte lyk my val ook onder dit.)

    Dit spruit na bewering voort uit sosiale druk en gedienstigheid. Dit kom neer op ’n selfopgelegde verbod om, deur wat ons sê, gevoelens seer te maak of stereotipes te bevorder".

  • RSG= Radio Sonder Gewete.

    Nee dankie, gee my veel eerder Breitbart, The Gateway Pundit, OANN en Maroela Media, met 'n bietjie Daily Caller vir afkoeling! (Sal ek gekruisig word indien ek Daily Stormer ook noem?)

  • Hans Richardt

    Charles, ek hou van analogie, Radio Sonder Gewete.
    Wat van organisasie soos die "AA", "alcholics anonymous", vir al die belydende of biegende politieke korrektes? Hul kan elkeen spreekbeurt kry en opstaan en bv sê: "my naam is X. Ek is jammer my voorouers het teen Coenraad De Bois/Buys gediskrimineer"?
    Meeste van die wit politieke korrektes, bly in hul voorstedelike gerief, met vroutjie met blonde hare en blou oë en voel jammer daaroor. Hul hang etniese almalgamasie aan en verkondig dit in media, maar pas dit nie toe in hul eie trotse Franse Hugenote afatammelinge lewe nie? Dit is die tipe waarna al hier op Litnet verwys was as wit liberale.
    Ek is aanhanger van selfbeskikking vir wit Afrikaners, want selfwerksaamheid is enigste manier om die "Hamster in wiel sindroom" van geslag na geslag armoede te breek. Afrikaanse eie instellings vir selfbeskikking is my gesang, want emmigreer kan almal ook nie doen nie.#Proudly South African is dus vir wit liberale op Facebook, nie vir my nie.
    Ek dink daar is vele Bittereinders wat te bang is om selfwerksaamheid in selfbeskikking te doen. Noem hul die Hensoppers. Hul praat selfbeskikking, maar kan nie normale lewe leef sonder hul swart huishulp of tuinjong nie. Dit sal hul goed gemanukeerde
    hande opmors...
    In watter groep sien jy jou toekoms in SA?

  • Goed gestel Hans, ek is 'n Afrikaner EN Boer (ek sien die twee terme as uitruilbaar - die Kaapse rebelle [sg. "Kaapse Afrikaners"] het OOK saam met hul broers in die Vrystaat en Transvaal geveg en gesterf) in murg en been!

    Daar is soveel ongeregtighede wat as gevolg van politiese korrektheid plaasvind en geïgnoreer word, en kyk jy na berigte in die Amerikaanse media (nie die korrupte "legacy media" nie) en wat hier in ons eie vaderland afspeel, kan jy nie maar help dink nie dat die aanslag teen die Weste nog nie 'n beslissende wending geneem het nie. My dooie hemel, die korrupte kollektivisties-globale Westers-hatende oikofobete (voorheen bekend as die "demokrate") wil vir Potus Trump in 'n staat van beskuldiging plaas oor 'n doodeenvoudige onskuldige telefoonoproep?!
    Kyk jy na wat in Swede aan't gebeur is (sien "Thoughty2" op Youtube se video oor "toxic masculinity" - en gerus ook andere- sy praatjies is nogal tops!) wil jy naar word!

    Maar wat, ons hou aan veg! Ek se nou die dag vir iemand; dis terselfdertyd die mees skrikwekkende, bose, korrupte en skynheilige era om te bestaan (dankie NWO) , maar ook die mees uitdagendste, "klippe-kou", "staan jou man" era, waar jy nie 'n tree waag terugstaan ter verdediging van jou konserwatisme en westerse waardes nie!
    In 'n neutedop: ons waag nie vir een oomblik ophou terugveg nie!

    Afrikaans is my ALLES, sonder my dierbare TAAL is ek niks - ek veg en woeker elke dag daarvoor ( onlangs o.a. op Wikipedia ens.)!

    Neem 'n Afrikaner se land, gewoontes, kulturele gewoontes (soos die Uwe se VORIGE liefde vir rugby) ens. van hom weg, en hy sal altyd 'n kind bly van hierdie dorre, troostelose suidelike stukkie grond solank hy sy Liefling (Afrikaans) kan besig, neem egter sy Liefling (Afrikaans) weg, dan bly daar net 'n lee dop oor.
    EK WIL NIE SO LEWE NIE EN SAL MY HELE LEWE LANK VEG OM TE SORG DAT ONS KINDERS SE TAAL BLY FLOREER EN GEDY!

  • Hans Richardt

    Charles, siende dat jy weet van POTUS, lees jy wyer as gemiddelde "persoon op straat", voor ek ook van "toxic masculinity" beskuldig word.
    Wat Demokrate in VSA betref, Joe Biden se "betrokkenheid in Oekraine" is sedert 2014 op internet in media. Dis net agterlike SANEF media wat Demokratiese vendetta agenda dryf in SA, wat nie van die korrupsie wil weet tydens Obama-regime nie.

  • Dit is so Hans, die skynheiligheid skree ten hemele.

    Biden en sy seuna Hunter se bedrywighede is net die mees ooglopende vb. van die "demokrate" se bedrog. Die snaakse van als is: Biden spog op 'n video oor hoe hy die Oekraïense aanklaer wat sy seun ondersoek het laat skors het en gedreig het met weerhouding van geld! Die vermetelheid! Die HSM ignoreer dit bloot en maak asof dit nie bestaan nie!

    Dink net: was dit nie vir D.J. Trump nie; het die dinge (die globale anti-demokratiese NWO - bedoelende, teen verantwoordbare nasiestate; en gebaseer op die afbreek van die kern-gesin en middelklas; wat van jou en my nie-denke, nie-bevraagtekende skape (gebruikers) wil maak wat klakkeloos alles aanvaar en geen weerstand kan bied nie - en sosialistiese gespuis) en die korrupte 4de Stand se verraad bloot doodluiters ongestraf en ongestoord voortgegaan.

    My hemel! Hulle wil Potus "straf" omdat hy vir geregtigheid veg en agter die kap van die byl m.b.t. die Spygate skandaal wil kom. Die demokrate is bang en desperaat, 2020 kom en Trump gaan met gemak wen. Hulle moet dus iets doen. Vra jouself net bietjie af: indien hulle dit met 'n sittende president kan doen, met beperkte mag (hulle het slegs die Huis): wat kan hulle doen en het hulle al in die verlede gedoen met gewone onskuldige burgers se regte, en wat sal hulle doen as hulle OOIT weer die mag moet bekom of moet oorneem in 2020? God help ons. Sopas verneem die kamtige "fluitjieblaser" was 'n CIA spioen! Is dit enigsins nodig om meer te se? Groete! 🙂

  • Hans Richardt

    Charles, die "fluitjieblaser" was in Withuis Sekuriteit.
    Politieke korrektheid is net so erg as apartheid, want individuele en kollektiewe fundamentele regte word ontken, deur die Snowflake liberale. Ek is seker dat Graad 9 sertifikaat onopgeleides gaan ook "apartheid se skuld" wees oor 2 jaar...

  • Hans Richardt

    Charles, ry ek vroeg oggend uit platteland van Noordkaap na ons stad Kimberley. Vra by Dischem vir melk Kefir en veroorsaak amper rasse herrie in apteek. Die wit man wie my help verdwyn agter in kantoor om te gaan "uitvind"! Tog was die goed op rak as spesiale aanbod en was uitverkoop, kaartjie nog teen rak en groot gaping op rak. Kefir het niks met ras te make nie, maar alles met goeie pro-biotika vir maag, as dit melk na iets soos karringmelk verander oornag.
    Politieke korrektheid laat mense hoor en verstaan wat hul dink, nie wat gevra word nie.

  • Hans Richardt

    Anton van Niekerk was nog sedert 1994 anti-Afrikaans, ter wille van sy eie status en sak by US. De Patriot het kortstondige lewe gehad in Boland, sodat daar nou op Kaapse vaders van Afrikaans geroem word as Genootskap van regte Afrikaners...
    Die Volkstem in ZAR het voor dit bestaan en lank na dit nog steeds bestaan.
    Wonder hoekom "Papegaaiberg" in Stellenbosch is? Daar word regeringsbeleid klakkeloos nagepraat, al was dit apartheid of hedendaagse geforseerde etniese almalgamasie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top