Ek dink dat ek die rou senuwee geraak het, met die noem van opsetlike politieke konstruksie, van akademici om 'n 'nuwe nasie' te bou. My vrae bly steeds staan, nl Nederland kon nie die Kaap kolonialiseer nie, as dit eers formeel in 1815 tot stand gekom het. Die Afrikaner kon nie in Groot Trek of ABO gewees het nie, as Afrikaans eers in 1925 amptelik ontstaan het.
Ek glo nie aan 'n enkel orakel van ons geskiedenis in 'n boek nie. Dis juis akademici wat in media aandring dat wit Afrikaanssprekendes 'jammer moet sê', maar nie presies kan sê hoekom ek as gewone man dit moet doen nie. Sien, die akademici, generaals en predikante mag nooit weer vir ons 'lei' tot ons lyding, met politieke konstruksie wat hul pas nie. Ek sal blaf en balk, want ek werk soos 'n esel agv politieke konstruksie oor my deur orakel akademici, wat my nou blatant benadeel, terwyl hul gemaklik sit in luukse kantoor met helse salaris.
Hans Richardt

