"Poem vir Robbie" deur Elaine Bezuidenhout

  • 1

Poem vir Robbie

Ek hou van jou Robbie, maar jy weet nie wie ek is nie
Daar’s nie ? CD of ? show van jou wat ek mis nie
Ek like jou, maar jy wil niks van my weet nie
Ek probeer my bes maar kan jou nie oorreed nie
Ek voel ek en jy het baie in gemeen
Ek like jou song, suurstof en asetileen
Dalk is ek net nie wat jy soek nie
Jy sien my nie as ek jou sien om die hoek nie
Ek’s 'n meisie van die stad en ek is skaam
As jy teruggaan na jou plaas toe vat my saam
Jy’s 31, Afrikaans, jy’t ? rough look en jy’s single
Jy’s kampvuur-koning met 'n sad song of 'n jingle
Ek wens jy speel vir my eendag jou kitaar
Daai dag word al my drome oor jou waar
Dit voel net of ons wêrelde apart is
Hoe sê ek jou wat als in my hart is?
Dalk skryf ek 'n poem in 'n briefie
En dalk noem jy my eendag liefie
Tot dan sal ek maar wag, en dalk eendag
sal ek huis toe kom waar jy my inwag, Robbie

Dalk was ek nie die nooi in die kar nie
Ek sing ook nie vir jou cowboy kitaar nie
Ek skryf my eie songs en dis wat ek sing
Van my obsessie met jou en geweld in my vriendekring
Ek’s bly jy voel beter, en jy sing “Blouberg se strand”
Ons loop tussen treine, en ek hou vas jou hand
Dalk het jy vandag verby my gery
My oë is bruin, en ek wil jou nog in traffic vry

Die grondpad langs daai stroom in die Kaap het nog nie oorspoel nie
Ek verstaan, en ek sit ook nie in traffic half 5 ná die stad se gewoel nie

Tussen lyne, Robbie, tussen spasies
Is daar basies net die leë woorde
Tussen jou, en my, net ons akkoorde

  • 1

Kommentaar

  • Lynn Shoobert

    Middag Elaine! Wil net hoor hoe dit met jou gaan. Hoor niks meer van jou nie. Gaan dit nog goed? laat weet asb. ons almal is bekommerd oor jou! groete. XxX

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top