"Poacher innie bos" deur Lood Wentzel

  • 0

Poacher innie bos

Daar’s suiker oppie TV om my te troos
sjokolade propaganda
Maar ek hardloop deurie bos en ek dwaal deurie strate
Ek soeke my mense, ek soeke my grond
Ek’s n poacher innie bos, boemelaar innie strate
Poacher innie bos, boemelaar innie strate

Die karre word al vinniger, die bane wyd en syd
maar gras en boom is wat ek soek
en plek vir my is daar nie meer
So, jou geld moet jy hou en jou karre moet jy ry
Ek’s n poacher innie bos, boemelaar innie strate
Poacher innie bos, boemelaar innie strate

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top