"Plastiek" deur Stefan Vivier

  • 0

Plastiek

Ons troos onsself aan ons menslikheid
Jou psigiese welstand
Plastiek opofferings
Waar gaan alles heen?

Op sy geskuif vir tyd en wyl
Twee flou manne wat kop stamp

Jy maak jou vas aan wat almal sê en dink

Wees oorspronklik
'n Vakansie op pynpille
Gekompliseerd elke dag
Die wolke wil vir ons treur vanaand
Jy is alweer 'n vreemdeling

Laat andere maar hul geld mors
op goed wat hulle vals selfvertroue
in hul eie plastiek-wêreld gee*
“Môre trek jy dalk jou hout-jas aan
dan is dit te laat”*

*Nataniël

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top