Plastic
REFREIN:
Maar ek dra nie my groc’ries in plastic bags nie
Ek dra nie my groc’ries in plastic bags nie
Nee, ek dra nie my groc’ries in plastic bags nie
Gerieflik, elasties, fantasties
Maar ek dra nie my groc’ries in plastic bags nie
Die melk vir my koffie
My sandwich gecling
My mineraalwater
deur ? bottel gesien
My take-away burger
Die kos in my kas
Als so convenient
in plastic verpak
Die sakkie, die bakkie
elke produk op die rak
gekleurd of deursigtig
dit pas in jou sak
REFREIN
Dit hang aan die drade en rol in die strate
Diere vreet dit, verstop dan hul mage
Besoedel die water
Vergiftig ons krane
Als is van plastic
Wat net nie vergaan nie
Ons kan dit recycle
Ons kan dit reuse
Maar doen ons dit regtig
of wat is die use?
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


