Plaaswerkerstakings, begin van honger in SA?

  • 1

Wel, die jaar het baie sleg begin! 13000 salarisse daarmee heen in mynbou, gaan ekonomie reeds knou! Met die skade aan landbou in die Wes-Kaap, gaan die bruin werkers werkloos raak en gaan sosiale probleme met bokspronge vererger! Watter boer kan regtig miljoen rand pj vir bv 10 werkers se salarisse bekostig? Wat gaan gebeur, is dat my idee van klein boerdery op jou erf, nou noodsaaklik wees om kos op jou tafel te kan kry! Hippie-leefstyl gaan nou weer tasbare werklikheid wees in SA!

Dis maklik om 'n staking te begin, maar gaan stakingleiers salarisse betaal wat hul van boere eis, as werkers sonder werk vrek van honger? Ek dink nie dat boere kan voortgaan met arbeidintensiewe boerderye nie en dat groot kopskuiwe gaan kom! Bv R2400 pm met vry verblyf, beteken dat die geld vir ander uitgawes as verblyf gegaan het! As werkers van plase gesit is, dan gaan werklose plakkery en misdaad toeneem! Al kry werkers plase, waar gaan geld vandaan kom vir staatsubsidies, met geen belastinginkomste? Ek dink dit is die spiraal van destruktiewe demokrasie gedryf deur problematiese ANC-lede, met agendas wat nie die kollektiewe land doelwit help bereik nie! Gaan Ehrenreich en Fransman salarisse van werkloses betaal in die toekoms? 'cut your nose and spite your own face'!

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Kan die plukkery moontlik gemeganiseer word? Ek vermoed dit kan met wyndruiwe, maar seker nie met tafeldruiwe nie? Die staking is ’n gekkigheid in al sy glorie. Dis waar wat jy anderdag gesê het Hans - die ding met te min wit babatjies. Wat maak dat ’n meerderheid die grootste se het net omdat hulle nie in voorbehoed wil glo nie. Ek weet nie hoe ander mense voel nie maar mens moet darem seker die dag as jy op ’n kind besluit seker maak jy kan vir hom ’n trust aan die gang kry om te keer dat armlastigheid om toeval. Groete Rietha

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top