Geskryf vir: Straatligkinders
Moet ek nou weer my witperd opsaal
Sodat jou hart nie breek nie
Jy sal bly lewe om vir nog 'n dag, 'n dans
Want, hy sit vas op jou brein x2
Jy het net oë vir ’n man met n sagte hart
Laat weet my hoe dit is saam hom
Bou op ’n huis met al jou smart
En begrawe my hart by hom
Stuur groete vir die man wat jou hart laat sing
En tonne liefde vir my plaasvervanger
In die donker kamer met 'n mat vol slange
Kan ek asseblief my speelgoed terugkry
Sodat my jaloesie bedaar
Ek sal bly lewe net om haar weer te sien dans
Want, dit beteken baie x2
Ek het iets vergeet net om so te leer
Dit beteken baie x2
By hom
Lê sy
Toegedraai in ’n sluier
Weggesteek vir die vuiler
En uit
Sy hand
Daardie brandende hart gevreet
Ek het nou hart/hard verloor
En so weet ek, so weet ek
Jy het net oë vir ’n man met ’n sagte hart
Laat weet my hoe dit is saam hom
Bou op ’n huis met al jou smart
En begrawe my hart by hom
Stuur groete vir die man wat jou hart laat sing
En tonne liefde vir my plaasvervanger
In die donker kamer met 'n mat vol slange
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.