"Plaaslike toeris" deur Coenraad Louw

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dit gebeur net met ander
want jy’s salig onbewus
Van die skreiende skande
Nes ’n plaaslike toeris
In ’n stilstaande bus
Vir my maak jy die seerste
Ek belowe dus niks
Jy’t gesê jy weet van beter

Sit neer jou tas
kyk weer na jou kompas
So sal jy sien
Die uurglas hou jou vas
Buitendien
niks keer jou om te sien
Hoe jy kan pas
In die lewe sy atlas

Hoe jy jouself kan pas in die lewe se atlas
Hoe ek en jy saam pas in jou atlas

Nou wat nou?
Met jou arms toegevou
Vat my hand, om jou gewete se rou
In ’n beter lig te aanskou
Jy moet aanhou probeer
Om weg te kom van die pyn en seer
Weg van sy pyn en seer

Jy’t baie meer as wat jy dink
So los tog die verlede
Tree vir tree sal jy besef
Dat jy vandag sal kan oortref
Die toekoms lê oop en wink
Die son skyn rooskleurig en blink
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top