"Plaaskind" deur Barbara Geldenhuys

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Woorde van ’n lied vind sy bane in my hart
Note fluitend getuig van droë smart
Ek’s ’n plaas blomme wind kind
Voete vas, gepas in deurtrapte stewels

Wie is ek in die moderne lewe?
Waar pas ek in met my verlede?
Ons is arm en leef eenvoudig
Maar tog warm beleefde sonnig lag
Pink fashion en wilde passion alles ongehoord
Swoeg en sweet oorrompel elke gedagte
Vlegsels van kos en dankie sê
Is die silwer om bestaande skadu wolke

Woorde van ’n lied vind sy bane in my hart
Note fluitend getuig van droë smart
Ek’s ’n plaas blomme wind kind
Sinkplaat dak, reën wat val, golwe in my ore

Wie moet ek in die lewe vertrou?
Waar gaan ek my toekoms bou?
Slim is ek nie, maar tot matriek geleerd
Skoonheid dit het ek nie, maar eerlik in my wese
Make-up foundation, selfoon en ’n Playstation
Is ’n wens met drome vol begeertes
Want modern moet ek nog bemeester

Woorde van ’n lied vind sy bane in my hart
Note fluitend getuig van droë smart
Ek’s ’n plaas blomme wind kind
Watergat, gestap in deurloopte heuwels

My waardes, reëls en eer
Word deur die meester wel geleer
Daar is ’n plek vir my en ’n toekoms
Want ek ken die lewe en die hoekoms
Life experience en adult interference
Baan ’n weg waar daar geen pad is nie
Kerkmuis eenvoud nederig staande
Tegnologie oorkombaar as ’n nering

Woorde van ’n lied vind sy bane in my hart
Note fluitend getuig van droë smart
Ek’s ’n plaas blomme wind kind
Swart-pot pap, vuur wat spat, droom verlore
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top