Pixie cut
Jy stap soos ‘n sprokieskarakter reg by my verby.
As ek nie van beter geweet het nie sou ek sweer jy probeer my oë vermy.
Maar daar’s een ding wat jy nie weet nie, jou lippe te lugtig om te groet.
Met jou oë so groen en jou pixie cut-hare,
Het ek jou gisteraand al in my drome ontmoet.
Refrein
En waar kom jy vandaan, dat jou hare so wip as jy loop.
Wie het jou geleer glimlag dat jou lippe so krul, wat maak dat ek my siel sal verkoop.
Ek wens ek het genoeg guts gehad om jou te vra wat is jou naam.
Maar jy kyk vir my en loop verby, los my bitter, pateties en skaam.
Ek dink jou ma word deur die polisie gesoek, want sy’t die sterre
Gesteel vir jou oë.
En al weet jy dit nie, maak jy my hart vinniger klop.
Jaag my bloeddruk en hormone na bo.
Wie op aarde kan jou weerstaan, jou tan en onwettige lang bene.
Ek sien ‘n toekoms vir ons en dis als oukei dat ons mekaar nie geken
het nie in die verlede.
Refrein
Maar jy kyk vir my en dis als oukei ons kyk nie terug nie ons deel nou die hede.
![]() |



