Pirate sonder sy fiets
Deur verlate
Strate
Waar die wind verby huil
Is jy ’n pirate op jou fiets wat verby seil
Is net daar om my vas te hou
As jy van my hou
Maar dis ’n baie baie kort tyd
Wanneer jy al weer al weer verdwyn
Na nuwe land
Na ander stad
’n Ander kant
Koor
En as jy gaan plunder en hipnotiseer
Vergeet jy jy maak ook harte seer
En weer
En nog ’n keer
Maar wat is nou fout?
Jy is ’n slang en hoort in ’n woud
Skielik gee jy om
En toe het jy jouself verstom
Dat ware liefde selde kom!
Nou is jy weg
En niks voel sonder jou reg
Jy is weg
Maar ek sien jou nog steeds in my gedagtes
Deur Linden waar die wind verby huil
’n Pirate op sy fiets
wat deur die laatmiddagreëntjie seil
Koor
![]() |



