Van die pihi-voël het ek op ’n keer gelees,
daardie wonderdier in die land van die Chinese.
Hy het maar een vlerk: steeds in pare
sien mens bo die horison die pihi-swerms.
Slegs twee-twee kry die dier dit reg om op te kom;
in die enkelvoud bly hy aan die grond vassit.
Soos die pihi, gebonde aan die nes,
is my hart as jy my verlaat.
(Oorspronklike gedig deur Mascha Kaléko. Vanuit Duits vertaal deur Waldemar Gouws.)

