Piet Croucamp, waar val jy uit, Boet?

  • 2

Ek het dit seker al menige kere op die forum bekendgemaak wat my mening oor die blaam vir apartheid en enige iets daaromtrent is.

Dit is ook verbasend om te sien dat almal nou teen apartheid was en niks daarmee wou te doen gehad het nie. Dit is soos die Ingelse. Almal anti-NP regering maar vanaand val hy op sy kniege en bid " thank the Lord for the NP".

Ek kyk vanoggend toevallig die ontbytprogram op kykNET. (Ek wurg gewoonlik gou iets in die keel af wanneer ek dit doen.)

Vanoggend moes ek van die stoel af opstaan en 'n glas water gaan drink. 'n Ene Piet Croucamp was 'n gas op die program gewees. Ek hoop regtig ek het hom misverstaan want ek kon nie glo wat ek gehoor het nie. Wat verwag die man moet ons wittes in die land doen? Moet ons voor die meerderheid die knie gaan buig en pleit vir vergifnis en die skottels uithaal vir voete was? Waar val die man uit?

Ek wil graag by hom hoor of daar in die wêreldsgeskiedenis al een volk was wat 'n ander askies gevra het oor die wreedhede en mis en wandade wat teen hulle sou gepleeg was. Ek kan regtig nie die kloutjie by die oor bring om enige mens vir vergifnis te smeek as ek hom nie skade berokken het nie. Wat maak ons land so uniek dat dit gedoen moet word. Ek hoop neef Piet kan vir ons 'n oorlewingskursus saamstel om lekker laaaank en rustig in die land te lewe. Sonder enige vrees dat jy in jou huis vermoor sal word, dat almal op gelyke voet behandel sal word, op meriete vir sportspanne gekies sal word en almal kwalifiseer vir studiebeurse.

Die mense wat meelopers van die terroristeregering is moet maar lekker saam kuier. Hulle moet kyk na die Dirk Coetzees en ander ontnugterdes van die wêreld. Wanneer jy gatkruip en Hansie my kneg is, word dit as 'n swak eienskap beskou. Jy pleeg verraad teen jou eie mense, wat keer jou om nie verraad teen jou nuwe bedmaats te pleeg nie. Ons sal nog die blaam dra oor apartheid tot in ewigheid. Wat my egter stom slaan is wanneer sekere regeringslui lui, banale uitsprake maak val dit gerieflikheidshalwe op dowe ore.

Self 'n regeringsamptenaar se sotlik onnosele uitlatings oor Afrikanermans het my ore gespits. Waar  sal jy sulke uitsprake van kry?  Dit was so in Rhodesië. Die dorpsidiote het stemreg en nou misbruik hy dit.

Ons sal maar wag en sien.  HKGK

Reusedwerg 

  • 2

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Dit is jammer dat hierdie 'n onderwerp is wat die mense warm onder die kiewe laat, maar dit is nie 'n verskoning nie. 
     
    Reusedwerg wil egter weet,'of daar in die wêreldsgeskiedenis al een volk was wat 'n ander askies gevra het oor die wreedhede en mis en wandade wat teen hulle sou gepleeg was'.
     
    Die realiteit is dat daar is verbasend baie sulke verskonings. 
     
    3 Maart 2013 rapporteer die Financial Times dat Shinzo Abe 'n verskoning wat voorheen aangbied was vir misdrywe deur Japan in die Tweede Wêreldoorlog en in die gebied van Asië wou terugtrek. Japan was dus jammer, maar is nie meer so jammer nie. Grootliks na Sjina begin geluide maak het oor 'n paar klein eilandjies en die geskil oor wie werklig seggenskap daaroor het. 
     
    20 February 2013  met David Cameron se besoek aan Indië rapporteer die Finacial Times dat David Cameron 'n kranslegging by Amritsar gedoen het en daar sy spyt oor die bloedbad wat in 1919 daar plaasgevind uitgespreek het. 
     
    Weens die beleg van'n olieraffinadery onlangs in Algerië rapporteer die Financial Times dat François Hollande erkentenis gee aan die “unjust” and “brutal” aard van Frankryk se okkupasie van Algerië vir 132 jaar, maar teken nie volkome verskoning aan nie, maar brei uit, “I recognise the suffering the colonial system has inflicted” en veral die Algeriëse oorlog wat in 1962 tot 'n einde gekom het. Hierdie was in laat Desember verlede jaar. 
     
    Die kuns van 'n verskoning wat nie 'n verskoning is nie maar wel 'n geval is van, 'kom ons vergeet hiervan - moet nie daarop broei nie' word dalk bewys met 'n besoek van Koningin Elizabeth aan Ierland wat soos volg verloop het. 
     
    Die Koningin verwys na die “troubled past” maar bevestig ook dat Ierland en Brittanje nou “firm friends and equal partners” is. 
     
    Sy dui ook aan dat die gewig van geskiedenis kan nie gering geskat word en dat met “the benefit of historical hindsight, we can all see things we can wish had been done and that is a sad and regrettable reality that through history our islands have experienced more than their fair share of heartache, turbulence and loss differently or not at all”.
     
    Sien dit alles is nou verby, skink 'n koppie tee. 
     
    Obama met sy eerste verkiesing in 2008 gepoog om die arrogansie van die Bush jare ongedaan te maak met frases soos, dat daar “mutual respect” tussen die VSA en Islam moet wees of hierdie frase, “as the only nuclear power to have used a nuclear weapon, the United States has a moral responsibility to act.” 
     
    Nie een van bogenoemde voorbeelde is volledige apologie nie, maar dui op 'n nuwe rigting wat die VSA wil inslaan na die Bush tydperk, soos die volgende ook bevestig, “there have been times when America has shown arrogance and been dismissive, even derisive” maar dit temper met “But in Europe, there is an anti-Americanism that is at once casual, but can also be insidious”.
     
    Die moelilke balans van ewewigtigheid en vergelyk dit met die ouer Bush se opmerking: 
     
    “I will never apologise for the United States, ever. I don’t care what the facts are.” 
     
    Hierdie is veral hardnekkig en maklik herkenbaar. 
     
    Nog voorbeelde kan verwys na John Howard, 'n voormalige eerste minister van Australië wat die volgende verskoning aangebied het met die verhoudings wat met die Aborigines gegeld het en noem dit die “black armband version of Australian history”. 
     
    Dit laat Australië se geskiedenis volgens Howard as “little more than a disgraceful story of imperialism, exploitation, racism”.
     
    Duideliker as dit kan dit nie gestel word nie. 
     
    Jacques Chirac, ook 'n voormalige eerste minister, maar soos bekend, van Frankryk bied ook 'n apologie aan die slagoffers van die Vichy Franse regering se kop in een mus met Nazisme. 
     
    Stephen Harper van Kanada met die volgende verskoning aan die 'eerste nasies' in Kanada se konteks. In engels beskryf as 'First Nations'.
     
    Die verskoning is soos volg: 
     
    Die inleiding verwys na die, 'abusive schooling policies that had tried to eliminate traditional beliefs and languages'.
     
    "I stand before you today to offer an apology to former students of Indian residential schools," Mr Harper said in a speech in Canada's parliament. "This policy of assimilation was wrong, caused great harm and has no place in our country."
     
    Die program was bekend as "kill the Indian in the child". 
     
    Ter plaatse bied FW De Klerk dat die rassistiese beleid van die tyd was "deeply mistaken."
     
    Comestor kan hom egter oortuig geen verskoning word benodig nie en dat De Klerk hopeloos oorverlig was. 
     
    Sarkozy het ook niks hiermee te make nie aangesien dit volgens Sarkozy nou hoogmode geword het om verskoning vir die verlede aan te bied en weier om so te doen.
     
    “I will give back to French people a pride,” he said. “I will put an end to the repentance that is a form of self-hatred and to the ‘competition of memory’ that feeds the hatred of others.” 
     
    Verskonings soos die wat alreeds uitgewys is en dan die van Bill Clinton oor die mislukking in Rwanda om die menseslagting daar te voorkom, 800 000 mense het vir daardie mislukking betaal. Tony Blair het verskoning aangebied vir die Ierse hongersnood en kolonialisme.
     
    Daar is dus werklik genoeg presedent hiervoor.
     
    Sarkozy het 'n vriend in Churchill wat dalk dit by Disraeli geleen het: 
     
    Never complain and never explain.....
     
    Dit word aan die leser oorgelaat om 'n slotsom te maak. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Dis goed om jou weer raak te lees Reusedwerg, ek hoop nog van die ou staatmakers bring hul opinies terug.

     

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top