Philip R Davies: Memories of Ancient Israel: An Introduction to Biblical History--Ancient and Modern

  • 11

Hello Chris et al,

Om te begin is jou kommentaar dat die brief wat ek geplaas het beperk is in die kwessies wat dit aanspreek aanvaarbaar en is ek in akkoord daarmee. Wat ook waardevol was in jou kommentaar is die aspek wat fokus op die teologiese en politieke implikasies wat 'n komplekse bynes oopkrap. Dit is hierdie opmerkings van jou wat my laat besef het, daar is nog altyd meer om te weet.

Ek is tevrede met die 'Blackwell Companion to Judaism - Jacob Neusner', 'History of Histories - John Burrow' en 'A Companion to Western Historical Thought - Lloyd Kramer', waar hierdie boeke baie duidelik die metodes waarvolgens 'n geskiedenis vir 'n volk deur 'n verskeidenheid van metodes beskryf word. Na dit gelees is, behoort dit duidelik te wees vir die leser van Joodse, Christen en ander heilige tekste dat daar nie streng gesproke met 'werklike' geskiedenis omgegaan word nie en dit in daardie lig beoordeel moet word. Hierdie boeke staan apart van die MacCulloch wat 'n werklike geskiedenis probeer verwoord en put op wat ons alreeds weet en bevestig wat jy skryf van die huidige perspektief wat net soveel wyer is as wat moontlik was vir 'n Babiloniese, Persiese, Griekse of Romeinse uitkyk.

Met dit as agtergrond volg ek Memories of Ancient Israel: An Introduction to Biblical History--Ancient and Modern van Philip R Davies. (Professor emeritus of biblical studies - University of Sheffield).

Van die temas aangespreek is soos volg en word soos volg aangebied.

"Bybelse geskiedenis" word gebruik om die tye en plekke wat na die Bybelse verhale oor die verlede verwys en word daar ook gepraat van "Bybelse lande" of "Bybelse argeologie" of selfs "die Bybelse tyd", en word nie as minder geag nie maar is 'n manier om te bevestig dat hierdie verhale 'n spesiale plek moderne, Westerse wêreld het en hoe ons dit `onthou' in ons kultuur.

Vir die Jode is hierdie hulle verhaal waar God hulle gekies uit al die volke en met hulle 'n verbond gesluit het, terwyl vir die Christene dit die verhaal vertel van 'n Goddelike voorbereiding vir die koms van die wêreld se Verlosser, hierdie word dan beskryf as "heilige geskiedenis", en is die boek stil oor Islam wat 'n jammerte is.

Dit kan as algemeen aanvaar word dat Christelike teologie was die bron van alle Middeleeuse denke soos Thomas Aquinas dan 'n voorbeeld van sal wees en was dit normaal vir Bybelse geskiedenis om deel van die kurrikulum te wees en dan so ook verteenwoordigend van dit wat vandag as 'algemene geskiedenis' aanvaar sal word.

Die studie van Bybelse geskiedenis word steeds grootliks net binne die teologiese fakulteit aangebied.

Vergelyk dit dan met die akademiese studie van die geskiedenis wat ook nou aangebied word in skole en universiteite en is die metode van ontleding en verstaan daarvan wat nou in die algemeen genoem sal word, die humanistiese of sekulêre. Vir Kobus is die sekulêre ongelukkig 'n skelwoord en selfs 'n diskwalifisering maar hierdie is hoe die praktyk daarna uitsien.

In teenstelling daarmee volhard Bybelse geskiedenis in sekere instellings nog steeds daarin om geïsoleerd te staan van die studie van die geskiedenis in die algemeen, alhoewel dit onomwonde gestel moet word dat daar baie teologiese geskiedkundiges, indien daardie term aanvaarbaar sou wees, wat ingeval het aan hoe die studie van geskiedenis nou daarna uitsien en die patroon van die sekulêre geskiedkundiges begin volg, waarin die geskiedenis die verhaal is van die menslike verlede en die menslike verlede wisselwerking wêreldwyd alle geskiedenis, insluitend diegene wat die Bybel na verwys insluit en Bybelse geskiedenis bedryf op die oomblik as 'n subdissipline van historiese studies en van die Christelike teologie (of Joodse studies). Weereens is die boek stil oor Islam. Verskoning daarvoor.

Maar nog steeds soos gesien is daar sommige instellings waar dit nog steeds in isolasie staan en die fokus is die spesiale betekenis wat dit het vir Jode en Christene.

Hierdie dubbeldoor karakter word gevind buite die akademiese wêreld ook, waar die geskiedenis van die Bybel ook 'n spesiale plek geniet aangesien daar nog steeds 'n fassinasie met die antieke wêreld is en die antieke beskawings van Babilon, Egipte, Griekeland en Rome, tesame met die Bybelse geskiedenis ons nou bekoor as deel 'n geërfde godsdienstige en kulturele wêreld.

Soos gesien kan word aan die tyd wat afgestaan is aan die onderwerp op LitNet deur my en ander en hierdie nie eers 'n poging is om enige leser te probeer oortuig nie.

Hierdie bekoring voed vanuit 'n kulturele verbintenis en begeerte tot 'n "regte" verlede.

Indien die vraag sou gevra word, hoekom is julle ongelowiges dan so betrokke hiermee, kan daar na bogenoemde impuls verwys word.

Ten spyte van die aanvaarding die metodiek van die humanistiese of sekulêre inslag van geskiedenis is daar nog steeds spanning tussen die opvattings van die heilige geskiedenis, waarin die Goddelike hand waargeneem word en dit wat as suiwer humanistiese of sekulêre geskiedenis beskryf word.

Die konflik teer op die Bybel self, en die teologie wat dit te weeg bring, wat op sy beurt die humanistiese dissipline van bly dit geskiedenis uitdaag. Male sonder tal is daar al verwys na teologie wat die mantel van geskiedenis probeer dra en is van die moeilikste gesprekke die wat veronderstel, komende van 'n gelowige dat die gebeure in Israel, Palestina deel van God se raadsplan is.

Die idee dat die God van Israel, die Christen en dan per definisie, Allah ook (of enige ander god ...) 'n rol speel in die politiek van die antieke Midde-Ooste asook vandag is 'n konsep wat eenvoudig nie kan oorweeg word nie. Die moderne, sekulêre begrip van die geskiedenis is gebaseer op die beginsel dat historiese gebeurtenisse word gevorm deur natuurlike kragte en menslike optrede, beide die individuele aksies en die gesamentlike optrede van almal oor alle tye.

Dit is hoe historiese verduideliking funksioneer.

Indien dit sou aanvaar word dat dit verklaar kan word deur die werking van 'n God, dan is daar in beginsel geen geskiedenis wat voortspruit uit suiwer menslike aksie nie. Hoe word 'n Napoleon, 'n Hitler, 'n Verwoerd, 'n Stalin, 'n Putin, 'n Mandela verklaar? Was Zuma 'n pasella? Malema 'n glips?

Sodra hierdie faktor toegelaat word in historiese verduideliking, dit is onbeheerbaar. Nasies wat die oorwinnaars in konflik was sal die aspek gebruik om hul sukses te verklaar. Die verloorders word gelaat om te wonder hoekom God dan nou teen hulle was. God begin 'n oorlog net om dit te eindig.

Ten spyte van hierdie probleme bly dit nog steeds die Bybel se siening van die geskiedenis asook die van die gelowiges dat God 'n plan het vir hul persoonlike lewe, net soos daar 'n plan vir die hele wêreld is. Dit is hier waar Henn se hutspot vasbrand, 'n Messias wat nog moet kom, die terugkeer van 'n Messias wat alreeds hier was en Allah wat geen nut het vir 'n messias aan die einde van tyd nie. Hoe sal dit ooit geskik word?

Dit is hierdie agtergrond wat die komplikasies van geskiedenis en argeologie begin vorm gee.

Bybelse geskiedenis is nie die selfde as die geskiedenis van die antieke Palestina, waarin die Bybel net gedeeltelik sal belangstel in en is dit noodsaaklik dat die historikus 'n bevoegdheid in die Bybel het sowel as geskiedenis in die 'algemeen' en moet die metodes en vaardighede van beide ontgin word.

Simplisties gestel kan dit aangevoer word dat die term "geskiedenis" dui op iets meer as net bloot "die verlede". Dit is hier waar Rudge na vore sal trudge en aanvoer dit is net een ding na die ander. Maar natuurlik is dit nie so nie en sou Rudge korrek gewees het indien daar slegs by die volgende punt sou stil gestaan word, naamlik dat rou data interpreteer nie hulself nie. Geskiedenis moet egter verstaan word as 'n verhaal of vertelling wat handel oor die verlede en waaraan daar baie duidelike betekenisse toegeken word. Dit is ons wat die keuses uitoefen en data organiseer in 'n logiese volgorde en daarmee die 'illusie' skep daar objektief so 'n werklikheid bestaan.

Nog meer as net dit is daar nou die verwagting dat dit moet iets wees wat regtig gebeur het. Hierdie verwagting word belemmer deur die data wat tot ons beskikking is en wissel in wissel in kwaliteit en kwantiteit, en so, dienooreenkomstig, ons kennis van dit "wat werklik gebeur het", soos gebaseer op daardie data.

Alhoewel daar geen tekort aan verhale in die Bybel nie is nie, kan daar nie sonder enige twyfel bevestig word hoeveel werklikheid daardie verhale bevat asook hoeveel van die skrywers van daardie verhale kan instaan vir dit wat hulle geskryf het.

Indien dit sou aanvaar word dat die skrywers van die verhale in die Bybel as geskiedkundiges geklassifiseer word, word die indruk geskep dat hulle die verlede akkuraat het en dat die argeologie tot en met die laaste steen daardie verhale sou bevestig. Maar soos alreeds gesien in besprekings elders op hierdie forum was daar in baie gevalle 'n proses waar 'n geskiedenis 'fabriseer' was, vir die doeleindes van politieke redes en om 'n nasie te bou.

Wat is die stand dan aan die hand van die afgelope eeu en meer se werk wat in hierdie gebied onderneem is wat die argeologie betref. Hierdie word dan in oorweging gebring met die bespreking van die tekste hierbo uiteengesit.

In die algemeen word dit aanvaar dat die argeologie bied 'n basis vir 'n wesenlike gedeelte van die geskiedenis van die inwoners van antieke Palestina, maar die bewyse is soos verwag kan word gedeeltelik in aard en nie die steen vir steen verwagting wat volledige akkuraatheid sou bevestig nie as gevolg van die aard van die data en die selektiwiteit van uitgrawing en opnames. Tesame daarmee is 'n groot deel van die vorige argeologiese navorsing gebaseer op die interpretasie van slegs Bybelse data en het dit as doelwit gehad 'n projek om die Bybelse verhale te verdedig en onderskraging te bied vir die Bybelse verhale eerder as 'n poging van onafhanklike assessering en interpretasie van die vondse.

Hierdie dien dan weereens as 'n bevestiging en aanduiding van hoe omstrede die interpretasie van argeologiese data is tesame met die voortdurende agenda van die verifikasie van die Bybel soos alreeds gesien. Tog is dit belangrik om te aanvaar dat daar in argeologie wel geldige verskille kan wees en daar verkillende menings oor belangrike sake gehuldig kan word.

Dit is hierdie konflik waarna Chris verwys glo ek, wat verlang van die leser om sonder end te bevestig hoe die argeologiese en geskiedkundige tekste ontleed word en met groot moeite hier bespreek sal kan word en hoe die kenners oor en weer twis oor die ontledings, beide van die tekste en die argeologiese vondse.

Hierdie beteken egter nie dat die relevansie van argeologie moet tot die minimum beperk word, maar dat daar wel redelike ruimte gelaat moet word vir hersiening van die bevindings. Hierdie is 'n heel redelike verwagting en is sekerlik hoe alle studie funksioneer. In die besonder moet daar ook gelet word op die wie se agendas verdag is en getoets word aan dit wat dit weerspreek.

Dit kan aanvaar word dat ek as 'n leek en wat nie 'n kenner is van argeologie sonder twyfel ook aanklank vind met die minimalistiese opsie as 'n grondige inslag en goed geformuleerde posisie wanneer argeologiese vondse in oorweging gebring word.

Die maksimale inslag word soos volg aangehaal: (Hierdie haal ek in sy geheel aan sodat dit ongehinderd ook 'n spreekbeurt kry:

Location: 1739-46

The Maximalist Option

The maximalist option has developed in two basic forms. One adopts the same archaeological starting point as the minimalist option but draws the opposite conclusion, denying that there is any contradiction. This is a minority view: more common is the claim that archaeological data are unreliable, being partial and open to various interpretations. It is sometimes even suggested that archaeology cannot really contradict a biblical account. (This claim should mean, of course, that archaeology cannot confirm the biblical account either.) The evidence of inscriptions also figures prominently, as proof that kings of Israel and Judah really did live and confront Assyria and Babylon. Hence, there are reasons to accept that at least the books of Samuel-Kings retain historical information and so rely on contemporary or informed sources. The composition of much of the biblical literature is therefore placed in the monarchic era, and this date in turn heightens the possible reliability of all the material. Inaccurate elements are explained, typically, as the outcome of a process of tradition; exaggeration and embellishment are often accepted, but the vital link between tradition and historical core is usually maintained.

==========

Location: 1808-10

Nor is minimalism an ideology. It was a response to the tensions between archaeology and biblical text, to developments within historical-critical studies, such as a greater emphasis on the roles of redactors as the real authors compared with their postulated sources, and the contribution of new literary criticism to issues of story, point of view, and ideology.

==========

Location: 1829-31

(a) the minimalist option is a possibility but does not prove that maximalism is not also a valid alternative

(b) the use of archaeology, any form of social-scientific research, and historical-critical scholarship are all valid means of historical knowledge

(c) archaeological data and inscriptions show that the Bible is mostly or totally reliable.

==========

Bogenoemde dan die temas soos dit deur my in die boek gevind is en hopelik bied dit beide kante se saak. Hierdie onderwerp soos talle onderwerpe wat die moeite werd is, is 'n harde neut om te kraak en verlang werklike kennis van hierdie onderwerp en soos wel bekend is ek nie 'n argeoloog nie en nog minder 'n intellektueel. Een van die min dinge waaroor Henn reg is.

Maar dat die onderwerp fassinerend is, is nie te betwyfel nie.

Baie dankie

Wouter

  • 11

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Die gesprek word dalk verkeerdelik beskryf as 'n opsie tussen minimalisme en maksimalisme. Hierdie twee terme (aanvanklik nie bedoel as kompliment nie) beskryf uiterste opinies en soos met meeste dinge in die lewe lê die waarheid seker maar iewers in die middel.

    Vanuit die maksimalisme kamp word daar sterk gesteun op die beginsel dat die afwesigheid van bewyse nie neerkom op bewyse van afwesigheid nie, terwyl dit dalk eerder moet wees geen bewyse is geen bewyse. Amper enige iets is moontlik, maar nie enige iets is waarskynlik nie. Dat Noag se ark is nog nie gevind is nie beteken nog glad nie dat 'n vloed ten spyte hiervan waarskynlik was nie. Dat daar geen rekord is van Moses wat Egipte verlaat met twee miljoen siele uit 'n populasie van drie en 'n half miljoen is hoogs onwaarskynlik. Dat Jerusalem 'n piepklein dorpie was in die tiende eeu maak dit hoogs onwaarskynlik dat dit die setel kon wees van Dawid en Salomo se koninkryk soos beskryf in die Bybel. As argeologie regtig so oop was vir verskillende interpretasies sou ek graag wou weet watter alternatiewe interpretasies wel bestaan. Voor daar nie bewyse is nie, is die waarskynlikheid van maksimalisme hoogs onwaarskynlik.

    Aan die anderkant, minimalisme klink vir my soms baie spekulatief en net so onwaarskynlik. Ek is nie heeltemal seker wat minimalisme sou beteken vir die JEDP hipotese, 'n hipotese wat ek baie oortuigend vind. As die hele Bybel die produk is van die Persiese en Hellenistiese eras, as die karakter van Dawid, byvoorbeeld, gebaseer is op die van Alexander, gaan dit 'n hele klompie teorieë die stof laat byt. Ek beskou die argumente van Finkelstein die mees bevredigend tot op datum, en eerder as 'n posisie in die middel, maar wie weet wat die toekoms inhou.

    Dis nie dat ek werklik 'n probleem het met spekulasie nie, solank dit gegrond is op samehangende argumente. Die samehangendheid van hierdie argumente hang alles af van die kennis wat die leser oor besit, en dit is 'n helse harde neut, soos jy tereg uitwys, veral as kritiese denke nie saam ingespan word nie. Is dit nie wat hierdie onderwerp so interessant en uitdagend maak nie?

    Chris

  • Hello Chris, 

     
    Baie dankie  vir die verwysing na die opstel van Davies, die het ek nou al klaar oorgedra na my Kindle vir permanente gebruik en so ook 'n opstel van Thomas Thompson wat op die meer letterkundige aspekte van die tekste fokus. 

    Waaraan ek nie twyfel nie is dat die leser skepties moet wees en die konteks waarin die tekste funksioneer nooit uit die oog moet verloor nie en soos daar nou al sonder twyfel beskryf is die metode van 'n skriftuurlike geskiedenis daar gestel het, wat nie voetstoots net aanvaar kan word nie as 'n akkurate beskrywing van 'n werklike geskiedenis nie. 
     
    Tesame daarmee hierdie geskiedenis is net belangrik as gevolg van die sukses wat Christenskap behaal het en daarom dan noodgedwonge na die Joodse oorsprong verwys moet word. 
     
    Die Blackwell Companion to Judaism het tot 'n groot mate die probleem opgeklaar en het jy in jou eie terme ook daarna verwys, daar is geen bewyse dat 'n God betrokke begin raak het by hierdie groep mense en daarmee die pad in geskiedenis vir daardie 'nasie', 'volk', oopgemaak het nie. 
     
    Hierdie is 'n twis waar elke steen, murasie, oop is vir debat. 
     
    Dalk is dit waardevol, maar wanneer dit in die geheel gesien word, is dit onduidelik hoe 'n argeologiese vonds werklik die debat in enige rigting kan swaai? 
     
    Maar dan ook, miskien is die aard van die werklikheid dat 'n nomadiese groep mense deur 'n God geroep is en God hom op daardie manier aan die mensdom bekend gestel het. 
     
    Dit is moontlik, soos alles moontlik is. 
     
    Vreemder as vreemd indien dit dan werklik so sou wees, hierdie bekendstelling van God aan die mens deur hierdie nomadiese groep?
     
    Daarom dan glo ek soos jy dalk ook doen, dit is die geheel, letterkundig, histories en die argeologie wat 'n vraagteken agter die geldigheid van die waarheid aansprake plaas? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Dag Wouter en Chris,

    julle delf baie diep in die dinge, veel dieper as wat ek delf. Ek reken dat net soos die evolusie-bêkgevegte 'n mens laat struikel oor die heel eerste sin in die Bybel, net so kan sulke delwery my laat struikel oor baie ander begrippe, so ek stuur maar redelik wyd om die ding.

    Oor die geskiedenis van Israel het ek die Ancient Book of Jasher gelees. Dit vertel dieselfde verhaal as die Bybel, maar gee meer inligting in party plekke en weer minder in ander. Dit vul egter die Bybel aan op 'n heerlike manier.

    Ek het pas die boek van Flavious Josephus begin lees, ook oor die geskiedenis van Israel. Alhoewel nie een van die twee boeke opgeneem is in die Bybel nie, word altwee deur die Jode erken as betroubare geskiedkundiges.

    En dis omtrent so diep soos ek gaan delf.

    Shalom

    Duitswester

  • Hello Duitswester, 

     
    Dit word so aanvaar en behoort dit darem duidelik te wees dat hierdie word nie gebruik om 'n oordeel te vel teen Israel nie en is dit slegs beperk  tot die bespreking  van die argumente soos dit bekend is te bespreek.
     
    Elders het ek hierna verwys, soms is die briewe wat geplaas word, dan van my kant af, nie tekenend van 'n argument wat ek myself huldig nie, maar veel eerder net 'n aanbieding van die argumente soos dit bekend is aan 'n mens. 
     
    Miskien moet daar maar gedoen word soos in die VSA gedoen word aan die einde van 'n politieke advertensie: 
     
    I am Wouter Ferns and I approve this message.
     
    In bogenoemde is daar wel baie wat ek ondersteun maar glad nie 'n argument teen 'n 'werklike geskiedenis' van die Joodse volk nie, en fokus net op die komplikasies van die argumente soos dit daarna uitsien.  
     
    Ander boeke waaruit ek ook kon geput het, is The history of the Jews in the Greco Roman world van Peter Schafer of ook dan Jews and Judaism in World History van Howard N. Lupovich. Beide bied 'n positiewe vertelling. 
     
    En het al oorweeg om dit te doen oor die volgende paar weke of so, maar dit vat tyd ongelukkig. 

    Baie dankie
     
    Wouter
  • Chris Dippenaar

    Hello Duitswester

    Ek wil graag Wouter ondersteun en beklemtoon dat die kyk na Israel se geskiedenis met kritiese historiese en argeologiese metodes geensins die nasie van Israel 'n plekkie in die son ontken, en nog minder hulle aanspraak op die grondgebied van Israel nie.

    Israel Finkelstein voel dat sy studie van die oorsprong van Israel hom nader gebring het aan die unieke omstandighede wat geboorte gegee het aan sy eie mense, die Jode. Hy identifiseer inheemse nomade wat hulle self vestig in klein dorpies vanaf 1200 vC in die hoërliggende gedeeltes as die eerste Israeliete, 'n groep wat 'n eie identiteit ontwikkel in relatiewe isolasie van die res van Palestina. Hierdie kultuur bereik 'n ideologiese hoogtepunt in die sewende eeu onder die leiding van Josía in 'n stadium wat Assiriese invloed kwyn. Die droom om Juda en Israel te verenig as een nasie word verydel met die dood van Josía en die hernude inmenging van Egipte. Die Babiloniese ballinskap wat hierna volg was 'n groot terugslag vir die droom van onafhanklikheid wat weer herleef met die terugkeer na Jerusalem onder Persiese beheer. Alexander, die Seleukiede en die Romeine frustreer hierdie droom van selfregering in die eeue wat volg tot dit uiteindelik uitloop in die vernietiging van die Tempel in 70. Dit in baie kort en in heeltemal oorvereenvoudigde terme is die verloop van Israel se geskiedenis soos toegelig deur argeologie. Dit stem in 'n groot mate ooreen met dit wat Bybelkenners kon leer uit die geskrifte van die Jode wanneer tekstuele kritiek toegepas word.

    Hierdie realistiese geskiedenis van Israel is boeiend en vertel die verhaal van 'n groep mense wat konstant in die weg gekom het van groter magte as hulle self, en ten spyte hiervan kon floreer as 'n unieke tradisie. Dit is jammer dat gelowiges, Jode én Christene, die bestaansreg van Israel koppel aan die letterlike waarheid van die Ou Testament. Dit is 'n skakel wat glad nie geregverdig kan word en dra nie by, in my opinie, tot 'n vreedsame oplossing vir die probleme van die streek nie.

    Delf maar diep, as God bestaan sal hy nie van jou verwag om jouself te weerhou van kennis oor die verlede nie. Watter rede sou God kon hê om van die gelowige te verwag om homself doelbewus onkundig te hou?

    Josephus is seker een van die mees kleurvolle karakters uit die antieke wêreld en ek is seker jy gaan hom geniet. Vat dit maar van wie dit kom, dis nou ek, maar hou in gedagte dat Josephus nie 'n onafhanklike weergawe gee van die Ou Testament nie. Sy waarde lê in wat hy te sê het oor sy eie tydperk in Judah, die eerste eeu. Ook moet daar in gedagte gehou word dat sy werk bewaar is deur Christene, en dat meeste Jode hom beskou het as 'n verraaier. Sy gehoor was die Romeine, en hy gebruik hierdie werk van hom om die beste van sy kultuur aan hulle bekend te maak. Dit gaan dalk 'n bietjie vêr om Josephus 'n apologeet vir die Jode te noem, maar daar steek tog 'n bietjie waarheid daarin. Let op, as voorbeeld, dat hy geen aksent plaas op die apokaliptiese sienings van verskillende Joodse sektes wat 'n groot rol gespeel het in die opstand teen die Romeine.

    Die 'Testimonium Flavianum' van Josephus uit Boek 18 in 'Antiquities of the Jews' word deur baie beskou as 'n interpolasie, met Eusebius as die hoof verdagte vir hierdie episode. Miskien kan ons op 'n stadium daaroor gesels as jy wil.

    Shalom

    Chris

  • Dag Wouter en Chris,

    Ek wil dit graag duidelik maak dat ek hoegenaamd nie jul bespreking van die geskiedenis afskiet of aanvat nie. Daar is so baie boeke oor die onderwerp wat 'n reuse klomp erg uiteenlopende en selfs direk botsende 'feite" voorlê dat dit van elkeen met 'n belangstelling verg om te delf, te bepeins, te oorweeg, al daai goed.

    Waar Israel die onderwerp is, is daar ongelukkig min mense op aarde wat nie eie motiewe het nie. 'n Vinnige kyk na die "feite" van die Arabiese terroris-organisasies lig gillende leuens uit. En die oningeligtes vreet dit vir soetkoek op.

    Bottom line, ek geniet jul besprekings en "chip" maar net so nou en dan in.

    Shalom

    Duitswester

  • Hello Chris, 

     
    Baie dankie vir jou uiteensetting. 
     
    Hello Chris, Duitswester et al, 
     
    Hier dan  'n argument wat die bestaan van Israel soos dit nou daarna uitsien bevraagteken. (Indien ek dit reg lees). Soos opgeskryf in Hareetz, die Israeli New York Times en die Joodse koerant wat ek volg.  
     
    Sien 'n mens nie hierin 'n een staat oplossing nie? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter


    In his lecture at the Van Leer Jerusalem Institute last month, Zygmunt Bauman mentioned Austrian Jewish socialist Otto Bauer and the philosophy of the early 20th-century Austrian Marxists. 
     
    They believed that the way to reconcile international socialism with national identity was by means of an egalitarian multinational country, in which various peoples would enjoy cultural autonomy. 
     
    In this connection, Bauman − whose book, “Culture in a Liquid Modern World” has recently been translated into Hebrew and published by Hakibbutz Hameuchad − mentioned Vladimir Medem, one of the most important thinkers of the Bund, the Jewish socialist organization, which adopted a similar approach to solving the problem of the Jews in Eastern Europe at the time.   
     
    Medem claimed that the right to national identity is a basic human right, and that government coercion intended to ensure cultural assimilation is just another way of oppressing the weaker classes. 
     
    But Medem did not consider the nation-state to be a solution to the issue of national identity − especially in the multicultural society of Eastern Europe, where any attempt to create nation-states was a surefire recipe for endless suffering and oppression.   
     
     In mentioning Medem, Bauman remarked ironically: 
     
    “I don’t understand why there are no streets named after him in Israel.”   
     
    So here is an opportunity to reply to Bauman’s rhetorical question: 
     
    Medem is not commemorated in Israel because Israel was built on a viewpoint totally opposed to Medem’s;
     
    the State of Israel is based on the belief that a nation-state is in fact the best solution to the problems of mankind. In the extreme version, the state itself is the embodiment of everything good about the human spirit. According to a moderate version, the nation-state is a framework that enables life and liberty, and only thanks to it can its citizens participate in an open human society.   
     
    Bauman’s thought since the 1980s has dealt with a criticism of modernity and the growth of postmodernity − or “liquid modernity,” to use his preferred term. 
     
    In the context of this criticism, he discusses the failings of the nation-state, both at the start of the 20th century, with “solid modernity,” and in the early 21st century. 
     
    To some degree he can be seen as continuing the philosophical path of Otto Bauer and Vladimir Medem.   
     
    When Medem analyzed the trends he saw before him during the era of solid modernity, he claimed that nationalism and the liberal trend toward assimilation draw from a common source. Both reflect market pressures to create a homogeneous, consuming and productive society. 
     
    Bauman largely agrees with this analysis of the era of solid modernity.   
     
    The nation-state was possible only for specific and relatively strong national groups, while the others were forced to become integrated into stronger nations: 
     
    “Nationalism and liberalism preferred different strategies, but strived toward similar ends. There was no room for communities, certainly not for autonomous and self-governing ones, in either of their plans ... The project of nation building gave ethnic minorities a brutal choice: assimilate or perish; in fact, to renounce their separate cultural identity willingly, or have it taken away from them by force.”   
     
    Unlike early 20th-century philosophers, Bauman writes about modernity after it has revealed its ugliest aspects, in the Nazi horrors and the gulags of the Soviet Union. The contemporary perspective on solid modernity also enables Bauman to point to these historical events as an integral part of modernity, although at first glance they seem to be a serious digression from it. 
     
    In his books “Modernity and the Holocaust” ‏(1989‏) and “Modernity and Ambivalence” ‏(1991‏), Bauman claims that the Holocaust is the climax of modernity rather than a temporary retreat to barbarism.   
     
    This is another reason why Bauman, like Medem, is not present in the Israeli discourse. In the Israeli nation-state, the Holocaust is seen as the collapse of proper modernity and the eruption of primeval destructive forces. 
     
    It is clear proof that only an even stronger nation-state can stop barbarians. 
     
    In Bauman’s opinion, it is the modern need to eliminate ambivalence and to build a society based on order and control − a need that is embodied to a great extent in the nation-state − that made it possible to turn the modern Jew into the ultimate victim of Nazism.   
     
    At a time when the State of Israel continues to fight Nazis, the world, according to Bauman’s new book, has switched from solid modernity to liquid modernity, in which a separation is created between power and politics. 
     
    Politics − in other words, the ability to determine policy − has remained in the hands of the nation-state, whose powers are limited to a specific territory. 
     
    Political power is no longer congruent with actual power.   
     
    Mass migration, the subject of the book’s third chapter, joins these processes as another force that undermines the authority of the nation-state. People continue to migrate for political or economic reasons, as though they have never heard that the world has been divided into nation-states and that every person must remain connected to his own territory.   
     
    According to Bauman, we are at present experiencing the third modern wave of immigration, after the exit from Europe in the context of colonization, and the migration of the natives of the colonies to Europe during the period of decolonization. 
     
    The present migration movement is part of the globalization process, and it subverts the partial order achieved by the nation-states in the period following World War II.   
     
    The State of Israel, as we know, is investing great efforts to preserve the model of the nation-state and to stop migration, but in Bauman’s opinion the changes that have taken place in the world demand a new model of political and communal organization, and the old order of solid modernity is incapable of dealing with these changes.   
     
  • Hello Duitswester, Chris et al, 

    Die volgende as nog 'n opstel wat my aandag getrek het, die keer uit die New York Times, die filosofiese afdeling. 
     
    Duitswester dit kan wees dat die volgende moeilik sal afgaan by jou - dit sinspeel weereens op 'n een staat oplossing en dan gelyke regte. Ek hoop Jan Rap sien hierdie want dit spreek van sy geliefde argumente ook aan. 
     
    Dit spreek ook Chris se opmerking aan dat die aankleef van 'n onrealistiese geskiedenis nou nog die pogings tot vrede in die streek beduiwel. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
    MARCH 9, 2013, 7:30 PM
    On Questioning the Jewish State
    By JOSEPH LEVINE

    I always took it to be self-evident that “Israel has a right to exist.” Now anyone who has debated the Israeli-Palestinian conflict will have encountered this phrase often. Defenders of Israeli policies routinely accuse Israel’s critics of denying her right to exist, while the critics (outside of a small group on the left, where I now find myself) bend over backward to insist that, despite their criticisms, of course they affirm it. 

    The general mainstream consensus seems to be that to deny Israel’s right to exist is a clear indication of anti-Semitism (a charge Jews like myself are not immune to), and therefore not an option for people of conscience.

    Over the years I came to question this consensus and to see that the general fealty to it has seriously constrained open debate on the issue, one of vital importance not just to the people directly involved — Israelis and Palestinians — but to the conduct of our own foreign policy and, more important, to the safety of the world at large. 

    My view is that one really ought to question Israel’s right to exist and that doing so does not manifest anti-Semitism. 

    The first step in questioning the principle, however, is to figure out what it means.

    One problem with talking about this question calmly and rationally is that the phrase “right to exist” sounds awfully close to “right to life,” so denying Israel its right to exist sounds awfully close to permitting the extermination of its people. 

    In light of the history of Jewish persecution, and the fact that Israel was created immediately after and largely as a consequence of the Holocaust, it isn’t surprising that the phrase “Israel’s right to exist” should have this emotional impact. 

    But as even those who insist on the principle will admit, they aren’t claiming merely the impermissibility of exterminating Israelis. 

    So what is this “right” that many uphold as so basic that to question it reflects anti-Semitism and yet is one that I claim ought to be questioned?

    The key to the interpretation is found in the crucial four words that are often tacked on to the phrase “Israel’s right to exist” — namely, “… as a Jewish state.” 

    The principle that Israel has a right to exist as a Jewish state has three parts: 

    first, that Jews, as a collective, constitute a people in the sense that they possess a right to self-determination; 

    second, that a people’s right to self-determination entails the right to erect a state of their own, a state that is their particular people’s state; 

    Thirdl point,  that for the Jewish people the geographical area of the former Mandatory Palestine, their ancestral homeland, is the proper place for them to exercise this right to self-determination.

    The claim then is that anyone who denies Israel’s right to exist as a Jewish state is guilty of anti-Semitism because they are refusing to grant Jews the same rights as other peoples possess. 

    If indeed this were true, if Jews were being singled out in the way many allege, I would agree that it manifests anti-Jewish bias. But the charge that denying Jews a right to a Jewish state amounts to treating the Jewish people differently from other peoples cannot be sustained.

    To begin, since the principle has three parts, it follows that it can be challenged in (at least) three different ways: 

    either deny that Jews constitute “a people” in the relevant sense, 

    deny that the right to self-determination really involves what advocates of the principle claim it does, 

    or deny that Jews have the requisite claim on the geographical area in question.In fact, 

    I think there is a basis to challenge all three, but for present purposes I will focus on the question of whether a people’s right to self-determination entails their right to a state of their own, and set aside whether Jews count as a people and whether Jews have a claim on that particular land. 

    I do so partly for reasons of space, but mainly because these questions have largely (though not completely) lost their importance.

    The fact is that today millions of Jews live in Israel and, ancestral homeland or not, this is their home now. 

    As for whether Jews constitute a people, this is a vexed question given the lack of consensus in general about what it takes for any particular group of people to count as “a people.” 

    The notion of “a people” can be interpreted in different ways, with different consequences for the rights that they possess. 

    The point is that even if we grant Jews their peoplehood and their right to live in that land, there is still no consequent right to a Jewish state.

    However, if we think that it’s worth noting the historical irony in insisting that it is anti-Semitic to deny that Jews constitute a people. 

    The 18th and 19th centuries were the period of Jewish “emancipation” in Western Europe, when the ghetto walls were torn down and Jews were granted the full rights of citizenship in the states within which they resided. 

    The anti-Semitic forces in those days, those opposing emancipation, were associated not with denying Jewish peoplehood but with emphatically insisting on it! 

    The idea was that since Jews constituted a nation of their own, they could not be loyal citizens of any European state. 

    The liberals who strongly opposed anti-Semitism insisted that Jews could both practice their religion and uphold their cultural traditions while maintaining full citizenship in the various nation-states in which they resided.

    But, as I said, let’s grant that Jews are a people. Well, if they are, and if with the status of a people comes the right to self-determination, why wouldn’t they have a right to live under a Jewish state in their homeland? 

    The simple answer is because many non-Jews (rightfully) live there too. But this needs unpacking.

    First, it’s important to note, as mentioned above, that the term “a people” can be used in different ways, and sometimes they get confused. In particular, there is a distinction to be made between a people in the ethnic sense and a people in the civic sense. 

    Though there is no general consensus on this, a group counts as a people in the ethnic sense by virtue of common language, common culture, common history and attachment to a common territory. One can easily see why Jews, scattered across the globe, speaking many different languages and defined largely by religion, present a difficult case. 

    But, as stated before it will be assumed the Jewish people qualify.

    The other sense is the civic one, which applies to a people by virtue of their common citizenship in a nation-state or, alternatively, by virtue of their common residence within relatively defined geographic borders. 

    So whereas there is both an ethnic and a civic sense to be made of the term “French people,” the term “Jewish people” has only an ethnic sense. 

    This can easily be seen by noting that the Jewish people is not the same group as the Israeli people. About 20 percent of Israeli citizens are non-Jewish Palestinians, while the vast majority of the Jewish people are not citizens of Israel and do not live within any particular geographic area. “Israeli people,” on the other hand, has only a civic sense. 

    (Of course often the term “Israelis” is used as if it applies only to Jewish Israelis, but this is part of the problem. More on this below.)

    So, when we consider whether or not a people has a right to a state of their own, are we speaking of a people in the ethnic sense or the civic one? 

    I contend that insofar as the principle that all peoples have the right to self-determination entails the right to a state of their own, it can apply to peoples only in the civic sense.After all, what is it for a people to have a state “of their own”? 

    Here’s a rough characterization: 

    the formal institutions and legal framework of the state serves to express, encourage and favor that people’s identity. 

    The distinctive position of that people would be manifested in a number of ways, from the largely symbolic to the more substantive: for example, it would be reflected in the name of the state, the nature of its flag and other symbols, its national holidays, its education system, its immigration rules, the extent to which membership in the people in question is a factor in official planning, how resources are distributed, etc. 

    If the people being favored in this way are just the state’s citizens, it is not a problem. 

    (Of course those who are supercosmopolitan, denying any legitimacy to the borders of nation-states, will disagree. But they aren’t a party to this debate.)

    But if the people who “own” the state in question are an ethnic sub-group of the citizenry, even if the vast majority, it constitutes a serious problem indeed, and this is precisely the situation of Israel as the Jewish state. 

    Far from being a natural expression of the Jewish people’s right to self-determination, it is in fact a violation of the right to self-determination of its non-Jewish (mainly Palestinian) citizens. 

    It is a violation of a people’s right to self-determination to exclude them — whether by virtue of their ethnic membership, or for any other reason — from full political participation in the state under whose sovereignty they fall. 

    Of course Jews have a right to self-determination in this sense as well — this is what emancipation was all about. 

    But so do non-Jewish peoples living in the same state.Any state that “belongs” to one ethnic group within it violates the core democratic principle of equality, and the self-determination rights of the non-members of that group.If the institutions of a state favor one ethnic group among its citizenry in this way, then only the members of that group will feel themselves fully a part of the life of the state. 

    True equality, therefore, is only realizable in a state that is based on civic peoplehood. 

    As formulated by both Jewish- and Palestinian-Israeli activists on this issue, a truly democratic state that fully respects the self-determination rights of everyone under its sovereignty must be a “state of all its citizens.”

    This fundamental point exposes the fallacy behind the common analogy, drawn by defenders of Israel’s right to exist as a Jewish state, between Israel’s right to be Jewish and France’s right to be French. 

    The appropriate analogy would instead be between France’s right to be French (in the civic sense) and Israel’s right to be Israeli.

    I conclude, then, that the very idea of a Jewish state is undemocratic, a violation of the self-determination rights of its non-Jewish citizens, and therefore morally problematic. But the harm doesn’t stop with the inherently undemocratic character of the state. For if an ethnic national state is established in a territory that contains a significant number of non-members of that ethnic group, it will inevitably face resistance from the land’s other inhabitants. 

    This will force the ethnic nation controlling the state to resort to further undemocratic means to maintain their hegemony. 

    Three strategies to deal with resistance are common: expulsion, occupation and institutional marginalization. 

    Interestingly, all three strategies have been employed by the Zionist movement: expulsion in 1948 (and, to a lesser extent, in 1967), occupation of the territories conquered in 1967 and institution of a complex web of laws that prevent Israel’s Palestinian citizens from mounting an internal challenge to the Jewish character of the state. 

    (The recent outrage in Israel over a proposed exclusion of ultra-Orthodox parties from the governing coalition, for example, failed to note that no Arab political party has ever been invited to join the government.) 

    In other words, the wrong of ethnic hegemony within the state leads to the further wrong of repression against the Other within its midst.

    There is an unavoidable conflict between being a Jewish state and a democratic state. There’s nothing anti-Semitic in pointing this out, and it’s time the question was discussed openly on its merits, without the charge of anti-Semitism hovering in the background.

    Joseph Levine is a professor of philosophy at the University of Massachusetts, Amherst, where he teaches and writes on philosophy of mind, metaphysics and political philosophy. He is the author of “Purple Haze: The Puzzle of Consciousness.”
  • Waar jy tien Jode het, het jy elf opinies. Dit was nog altyd so. Ek gaan nie op 'n groot skaal deelneem aan gesprekke rondom Israel, een, twee of meer staat-oplossings nie, dit vat genoeg tyd net om dit te lees wat ek wel lees, bv Israel Hayom se artikels.

    Wat ek wel altyd onthou voor ek enige nuwe idee lees, is dat die sg Palestyne in geen oplossing belangstel nie, hulle en al die ander Arabiere wil niks minder as die totale uitwissing van Israel en alle Jode hê nie.

    Maar genoeg, ek groet nou.

     

    Shalom

    Duoitswester

  • Hello Duitswester, 

     
    Tot later dan. 
     
    Moeilike aspek hierdie waar dit moet aanvaar word dat 'n persoon nie in debat wil verkeer nie, maar sonder twyfel respekteer ek jou wense in die verband en is dit goed so.  Dit word nie altyd so aanvaar hier soos ek onlangs ervaar het nie en ek veel langer as wat ek werklik bereid was om in 'n gesprek te verkeer nog steeds moes aangaan.  

    'n Aparte aspek wat ek later sou wou aanspreek so gou as daar 'n geleentheid is om 'n skrywe te plaas oor die idee van studie soos dit in Judaisme vergestalt word. Jy het al na studie verwys en Kobus het dit ongelukkig baie negatief beoordeel. Daar is egter baie positiewe aspekte en moet ook uitgelig word en het ek dit waardevol gevind met die eerste lees daarvan. 

    Baie dankie

    Wouter

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top