Wysigingswetsontwerp op Outeursreg - Nasionale Vergadering
Môre is ’n belangrike dag vir skrywers, uitgewers en almal wat op kopiereg staatmaak. Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg sal op 1 September aan die Nasionale Vergadering voorgelê word vir aanvaarding.
PEN Afrikaans het al herhaaldelik ons kritiek op die wetsontwerp geformuleer. Die kritiek geld helaas steeds aangesien dié opspraakwekkende wetsontwerp, ten spyte van grootskaalse teenkanting, slegs kosmetiese veranderinge ondergaan het en steeds op ’n verreikende verswakking van kopieregbeskerming en ’n ontneming van skrywers se bestaande inkomstestrome neerkom.
Ons deel hier ’n uiteensetting van die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA). Ons stem met hul voorgestelde stappe saam en ons doen ’n beroep op belanghebbendes om dié stappe onder parlementslede se aandag te bring.
#FixTheBills @ccsa.official
Lees ook:
South African authors protest against Copyright Amendment Bill
Press release: Authors unite against Copyright Amendment Bill
The Copyright Amendment Bill: an interview with Sadulla Karjiker
’n Nuwe, kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm
PEN Afrikaans AJV 2017: Terugvoer oor Kopiereg-wysigingswetsontwerp
Press release: No impact assessment underlying the economically destructive Copyright Amendment Bill
Changes to the Copyright Act: what all South African artists and authors should know
Kommentaar
Ek is gekant teen die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg soos dit tans voorgelê is, en ondersteun PASA se voorgestelde stappe.
Ek stem saam, en teken graag my protes daarteen hier aan.