Perma-kultuur as deel van aftreeplan

  • 0

Ek probeer om na “kopskuif” op RSG luister so dikwels as ek kan. Ek is ’n 50-plusser en aftree is ’n realiteit. Die multimiljoenêr doemprofete wat sprekers op die program is, maak dit duidelik dat as jy nie hul leefwyse by aftrede van ’n aftreeoord en ’n vereniging onderskryf nie, jy gedoem is. Ek lees egter op internet dat daar n wêreldwye perma-kultuur leefstyl-vereniging is vir die armer ou wat aftree. Die denkmodel is groot in die VSA en Australië, met internasionale konsultante. As ek na ekonomiese programme luister, is die voedsel-inflasie grootste deel van inflasie syfer. Ek wil vir Amanda Olivier dit stel, jy bevorder ’n duur denkrigting oor aftrede, pop. Daar is wêreldwye bewegings en denkmodelle wat baie meer pragmaties is, as joune wat RSG bevorder vir die multimiljoenêr-pensioenaris in baie duur aftreeoord. Terselfdertyd bevorder jy super duur aftreeoorde op RSG as ’n enigste opsie. Die program is insiggewend vir ’n spesifieke aftree-model.

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top