Perdebytjie en mieresuur

  • 0

Ek merk 'n tikkie mieresuur (die goed wat bysteek se dinge laat brand!) in ons gesprek oor paradigmas oor die tydelike en ewige!!

Toegegee ek kon my argument oor sy beweerde materialisme beter geformuleer het, maar dit bly 'n waarheid soos 'n koei (melksuur!!), dat woorde nooit ten volle die omvang van die mens en werklikheid sal kan omskryf nie!!

Laat ons volstaan met Paulus se "eendag sal ons ten volle ken net soos ons ten volle geken is!!"

Jan Maarschalk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top