Perdebytjie en die Namib se trein

  • 0

Jy is reg, dit is die Zwilling-lokomotief, my kop moes my seker gelos het want dit beteken eintlik maar tweeling. Daai huis in Swakop behoort aan die eienares van die plaas Jakkalswater waarop die ou stasie Jakkalswater van die treintjie dan ook was. Sover ek kan onthou van die plek, het die stasiegeboue nog gestaan en daar was planne om ’n museum daar in te rig en ook akkommodasie vir mense wat die woestyn wil gaan geniet. Ons het al die hele spoor vanuit Swakop “ontdek” deur die woestyn soos dit geloop het op pad binneland toe tot net daar duskant Karibib. As mens anderkant die Kahn gaan, dan lê daar ’n geweldige mooi stuk woestyn. Soos die mense vandag omtrent uit elke gat die uraanreuk kry, so is daai stuk van die land ook vrot van die marmer en is daar vele myntjies en pogings tot myne. Die een stasie op die spoor, is die Kubas-stasie en sy hele stasiegebou was gebou uit pragtige wit marmerklip! Eintlik jammer die nuwe regering se monumentekomitee is so bietjie belangeloos in die koloniale geskiedenis ...

Wat die paleise aanbetref, dis meestal mense uit die binneland wat geld in eiendom belê en vir ’n seefront-erf gaan jy deesdae nie veel tjeins kry van R2 miljoen op plekke nie. Die Dorobpark is ’n suiwer gedagte, mens wonder maar net hoe dit werklik toegepas gaan word. Laas naweek het ’n skoolkind sy nek gebreek in die duine met ’n quad-fiets en selfs nie die dood skrik die ander willewragtags af nie.

Dankie vir jou kompliment, maar ek skryf maar wat uit die hart en die gemoed uitkom. Ons bly in ’n land wat in my hart lê vir al sy skoonheid en besonderheid. As mens so in die veld onbevange kan ry, dan besef jy dat vryheid eintlik ’n baie duur prys is om te betaal vir ontwikkeling.

Namib

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top