nie net sosialis soekaai deng, speelveldg’lykheid,
als int’grasionisties-humanisties, v’n Mens-wees,
Homo Sap-Sap, hart, siel, Gees (Heilig), en vlees,
totte Zabalaza-ytkoms kom, so smaak’t, vryheid
stam’l mugu mos, via woordwoest’rny, stommiteit,
Millennium Drie steeds, dié wie nie kan dink, lees,
Lieve Vad’r, kan só iets mensl’lk, moontl’k, wees,
wat’t g’worre, v’n empatie, v’rantwoordbaarheid?
g’skied’nis b’vest’g’t, vól, sov’l meerd’r, argeologie,
lat Mens Naast’, ko-Kontinent-b’woond’r, nie v’rdra,
Min sprak-’f-sprook, re naast’liefd’, in Moed’r Afrika,
desondanks Skepp’r se absoluut Ultra-Omni-Filosofie:
“umNtu ngumNtu ngabaNtu, Mens, Mens via Mens,
all’rlieflikst’ bo ammal, Millennium Drie se Sapiens”
Jacobus Faasen

