Beste Chris
Ek is ietwat verward. Jy takel ywerig KdK se godsdienstige oortuiginge af, maar Duitswester se vreemde godsdienstige oortuiginge blyk jy as ateïs te ondersteun? Miskien, indien ek ‘n wanpersepsie huldig, kan jy my reghelp.
Mbt Paulus, het Duitswester Paulus vir ‘n Turk aangesê, en het beweer Paulus se skrifte nie deel van die Nuwe Testament hoort nie, weens die feit dat Paulus buite die grondgebied van Israel gebore en geleef het (Duitswester se maatstaf). Ek het hierdie subjektiewe maatstaf bevraagteken.
Jy antwoord my met: “Ek is seker dat Duitswester meer redes het om Paulus te verwerp as slegs die feit dat hy buite die grondgebied van Israel gebore en geleef het. Ons sal maar seker moet wag dat hy homself verduidelik.”
Tot datum het Duitswester homself nie verduidelik nie, en glo nooit sal nie, maar jy het wel namens hom geantwoord, en skryf: “Vir enige iemand wat belangstel, die boek waarna Duitswester verwys en 'n hele klomp interessante
Artikels is: http://www.jesuswordsonly.com/books/16-freechaptersonline.html”.
Het Duitswester hierdie inligting direk aan jou weergee, want ek gewaar dit nie onder SêNet-briewe of -kommentare nie? Is Duitswester dan nie in staat om vir homself te praat nie, of is julle twee kop in een mus vir die alleen doel om KdK tee te staan, want dit is die indruk wat ek kry.
Aangesien Duitswester so tekere teenoor KdK gaan, sal dit interessant wees indien Duitswester sy godsdienstige oortuiging vir ons sal uiteensit, sodat die ook onder die vergrootglas geplaas kan word. Tot dusver is dit in brokkies oor die jare oorgedra, en wat ek daarvan kan aflei, is dat dit ‘n eiesoortige Judaistiese Christenskap is wat hewig van die hoofstroom Christendom verskil, en na my beskeie mening jy as ateïs, om konsekwent te wees, ook hoort te bestry als ‘n mite.
Mbt tot die skakel wat jy hierbo aangegee het, is dit beslis nie ‘n objektiewe skrywe nie, maar ‘n verskuilde agenda van iemand wat sy eiesoortige godsdiensoortuiging wil propageer. Ek sal beslis nie my geld op hierdie boek mors nie.
Onder andere beweer hierdie skrywer die volgende:
1. Gen 49:27 is ‘n profesie met spesifieke betrekking op Paulus. “Benjamin shall rave as a wolf: in the morning he shall devour the prey, and at night he shall divide the spoil.” What utter crap!
2. Volgens hierdie skrywer, weens die feit dat Paulus geskryf het dat dit onnodig is om besny te word, en dat dit onnodig is om Joodse gebruike te vier, het Jesus spesifiek na Paulus verwys deur te se in Matt 5:17-19 “Think not that I am come to destroy the law, or the prophets: I am not come to destroy, BUT TO FULFILL (hoofletters, my nadruk). 5:18For verily I say unto you, Till heaven and earth pass, one jot or one tittle shall in no wise pass from the law, till all be fulfilled.
Hier verwys Jesus na die Levitiese wette rakende offerandes. Hy het nie gekom om te vernietig nie, maar om te VERVUL, veral in Sy hoedanigheid as die paas-offerlam. Hyself het gesê (vrylik oorvertel). Die Levietiese wette het dit, nl “’n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand”, maar EK sê vir julle, julle moet mekaar en God liefhê, hieraan hang al die wette en gebooie”.
Jesus het nie die Sabbat volgens wetlike vereistes gehou nie. Hy het ook hoere; tollenaars en sondaars as aanhangers gehad. Hy het in die tavernes van die tyd met die gepeupel gedrink, alles wat die Fariseërs hom oor beskuldig het in vergelyking met die kuise lewe van Johannes die doper. Beskuldig Paulus van prediking teen Joodse gebruike, dan moet Jesus ook beskuldig word om konsekwent te wees. In elk geval, in terme van Nuwe Testamentiese leringe, is die wette van offerandes, besnydenis, kos keuses, ens in Jesus VERVUL en aan die kruis genael. So Paulus weerspreek nie vir Jesus nie.
3. Verder se die skrywer dat Jesus sy aanhangers teen Paulus geprofeteer het deur te sê: “Take heed that no man deceive you. 24:5For many shall come in my name, saying, I am Christ; and shall deceive many”. Paulus het homself nooit as die Christus voorgegee nie, en self soortgelyke aanmanings geskrywe.
4. Dat Duitswester Paulus as ‘n Turk beskryf, bewys onkunde rakende Turkse geskiedenis. Die huidige Turkye in Paulus se tyd was hoofsaaklik deur Grieke, Phrygians, en Lydians bewoon, ‘n Romeinse provinsie met ‘n Griekse taal en kultuur. Die Turke onder die Seljuks het eers omtrent 500 jare later die inwoners verdryf en die huidige Turkye beset. Dus in Paulus se tyd was daar geen plaaslike kennis van Turke en ‘n Turkye nie.
Indien Duitswester Paulus verwerp omrede hy ‘n “Turk” was, hoort hy ook vir die evangelie van Lukas en die boek Handelinge te verwerp wat deur ‘n Griek en nie deur ‘n Jood geskrywe was nie.
Ek huldig minagting vir Duitswester se vorm van tussenwerpsels en aanvalle. Hy toon ‘n gebrek aan ‘n vermoë om te kan redeneer. In sy aanvalle op KdK, pleks om KdK punt vir punt tee te bewys, ressorteer hy hom, soortgelyk aan Cornelius, na KdK se vorige sondes, sondes wat deur die staat se blaadjie skoongevee is, en wat ons ook hoort te vergeet.
Indien hierin gelees word dat ek KdK ondersteun, alles behalwe. KdK het vyandskap hier op SêNet op homself gebring met sy onnodige venynige en on-Christelike aanvalle op diegene wat volgens hom nie Christene is nie, maar om na sy sort retoriek en taktieke te ressorteer, balanseer nie die saak uit nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Hello Jaco
Duitswester het verwys na Del Tondo se Jesus’ Words Only en ek het dit self gevind op die internet. Jy is reg, ek sal nie geld betaal vir hierdie boek nie. Ek het die skakel geplaas en toe begin lees daaraan. Dit klink op plekke soos 'n "conspiracy theory" van die antieke tyd wat nie sal hoef terug te staan vir enige van die vreemdstes van ons eie dag. Dit is nie wat ek verwag het om te lees nie en ek sal lieg as ek sê dat ek beïndruk was met Del Tondo se werk.
Een ding, wat seker maar 'n tyd geneem het om vir my duidelik te raak, is dat ek nie genoeg weet van die onderwerp, dis nou die Bybel in historiese konteks van die eerste en tweede eeu. Op hierdie stadium weet ek dalk genoeg om nonsens te herken as ek dit hoor of lees, maar om dan werklik sinvol deel te neem aan enige gesprek is nog nie binne my vermoë nie, en dalk sal dit nooit wees nie.
Jy is heeltemal reg, as enige gesprek eindig in die rondslinger van beledigings is dit gewoonlik 'n goeie aanduiding dat een of meer deelnemers onkundig is oor die onderwerp, eerder as reg of verkeerd.
Chris
Hello Jaco, Chris et al,
Hallo Jaco en Chris,
nes jy, Chris, weet ek ook nie genoeg om alle dinge opslag te kan beredeneer nie. Del Tondo se werk is een van die wat ek oor die onderwerp van die vals apostel het. Dis 'n dik boek en verg baie naslaan in die Bybel, so dit vat tyd, ek is nog nie eens halfpad nie.
Wat ook baie belangrik is, is om die sg Ou Testament te ken. Die Torah is daarin vervat en die Torah wys die vals leerstellings van die vals apostel uit. Die kerk het egter grotendeels die Ou Testament afgeskryf, dit dra by daartoe dat die meeste Christene nie genoeg Torah-kennis het om Paulus se leuns te herken nie.
Hierdie is my opinie gebaseer op waar ek huidiglik in my studies staan, ek verkondig dit aan geeneen nie en beslis druk ek dit in niemand se keel af nie, laat elke mens tog sy/haar eie studie doen en self besluit.
Jaco my geloof is maklik, my kruis is lig. Ek glo die Tanakh ( Ou Testament ) en ek glo dit wat Yahashua Ha Mashiach gesê het, soos deur die ware apostels neergeskryf. Ek glo nie die leerstellings van Paulus nie, ek verwerp Paulus.
Ek glo soos die eerste derduisende volgelinge van Messias geglo het. Dit is die mense wat later deur die volgelinge van die nuwe geloof wat Paulus begin het, "Christianity" vervolg en uitgemoor is. Dit het nie in die Bybelse tyd gestop nie, die inkwisisies, Crusaders,Holocaust ens is maar net voortsetsels daarvan.
Ek is nie alleen nie Jaco, baie, baie duisende glo dieselfde. Ek het ook nie op 'n oggend impulsief besluit nie, wat ek glo kom uit baie ure se studie oor baie jare. Daarom Jaco, is ek huiwerig om dinge hier uiteen te sit, want hier sluip nare rakkers rond wat geen kennis en geen respek het nie. Ek het baie maal in die verlede gesê dat ek sirkels het waarin ek hierdie dinge kan bespreek met mense wat kennis het, respek het, aandagtig luister en bepeins, deeglik ingeligte kommentaar lewer. Ek kan dit mos nie verruil vir 'n skrootwerf nie?
Shalom.
Duitswester
ns, het jy jou "leathers" op die fees gedra?
Beste Duitswester,
Dankie vir jou onverwagse respons.
Ek als ateis huldig die siening dat elkeen kan glo net wat hy wil, maak nie saak hoe eienaardig sodanige geloof mag wees nie, want my oortuiging is dat alle gelowe in bonatuurlike wesens, enige god, engele, duiwel/s, hiernamals, ens. is in elk geval tevergeefs. Net soos ek weet dat ek in der ewigheid voor my geboorte nie bestaan het nie, is daar absoluut geen bewys van enige lewe na my en / of ander se afsterwe nie.
Alle godsdienstige, ("heilige") geskrifte is uitsluitlik die produk van die mens se vernuf, en niemand kan die teendeel bewys nie. Godsdienstiges kibbel oor kleinlikhede vanuit hulle"heilige" skrifte, veral die Christene, Jode en die Moeslems, die dat hulle in 'n duisendtal sektes verdeeld is, en mekaar oor sodanige kleinlike verskille al in die verlede en hede vermoor het.
Wat ek hier op SêNet wel oor beswaar het, is wanneer 'n beskuldiging teen iemand of iets gemaak word sonder logiese verduidelings om sodanige beskuldigings te staaf nie, soos bv. wanneer jy hierbo skryf: "Die Torah is daarin vervat en die Torah wys die vals leerstellings van die vals apostel uit" met verwysing na Paulus. Hierdie is 'n beskuldiging sonder bewysbare stawing van sodanige beskuldiging.
Liewer dit nie genoem het nie, want jou stelling: "ek is huiwerig om dinge hier uiteen te sit, want hier sluip nare rakkers rond wat geen kennis en geen respek het nie." "Ek het baie maal in die verlede gesê dat ek sirkels het waarin ek hierdie dinge kan bespreek met mense wat kennis het, respek het, aandagtig luister en bepeins, deeglik ingeligte kommentaar lewer. Ek kan dit mos nie verruil vir 'n skrootwerf nie?"; skep die indruk dat jy nie jou bootjie gewip wil hê nie, in jou gemaksone bly, en wil liewer met diegene verkeer wat in dieselfde koor sing; bang dat jy miskien verkeerd bewys gaan word. Boonop beledig jy SêNet om dit met 'n "skrootwerf" te vergelyk.
Jaco Fourie
Hello Jaco
Ek kan net saamstem met die volgende uitlating van jou: “Wat ek hier op SêNet wel oor beswaar het, is wanneer 'n beskuldiging teen iemand of iets gemaak word sonder logiese verduidelings om sodanige beskuldigings te staaf”.
Ek breek 'n paragraaf uit jou voorlaaste reaksie op sodat jy hierdie reël daarop kan toepas:
1. “Jesus het nie die Sabbat volgens wetlike vereistes gehou nie.” [Jesus, so ver ek weet, verontagsaam telkens die streng interpretasie van die wet volgens die Fariseërs, nie die wet self nie].
2. “Hy het ook hoere; tollenaars en sondaars as aanhangers gehad. Hy het in die tavernes van die tyd met die gepeupel gedrink, alles wat die Fariseërs hom oor beskuldig het in vergelyking met die kuise lewe van Johannes die Doper.” [Ek mag verkeerd wees, maar waar word hierdie gedrag van Jesus beskryf as 'n verbreking van die wet? Was hierdie gedrag nie gekritiseer omdat, soos meeste van ons, ons iemand ken aan die geselskap wat hy hou nie?]
3.”Beskuldig Paulus van prediking teen Joodse gebruike, dan moet Jesus ook beskuldig word om konsekwent te wees.” [Hoekom? Jy het nog glad nie gewys dat Jesus wel die wet verbreek het nie.]
4. “In elk geval, in terme van Nuwe Testamentiese leringe, is die wette van offerandes, besnydenis, kos keuses, ens in Jesus VERVUL en aan die kruis genael. So Paulus weerspreek nie vir Jesus nie.” [Waar in Paulus se briewe formuleer hy hierdie “Nuwe Testament leringe” in die terme wat jy gebruik?]
In jou laaste reaksie noem jy die verskille tussen sektes "kleinlikhede". As ongelowige, van buite af, raak ek maklik ongeduldig met verskillende sektes se gestryery oor iets wat ek nie dink bestaan nie, maar ek sal van die verskille tussen hulle nie altyd kan beskryf as kleinlik nie. Dalk nog 'n stelling waarvoor jy 'n logiese verduideliking kan bied?
Laastens, het iemand jou al ooit die "village atheist" genoem?
Jaco, glo my, ek is nie besig om skoor te soek met jou nie. Dis net dat jou swart en wit beskrywing van wat staan in die Bybel nie vir my veel verskil van wat die fundamentalis daarin lees nie.
Chris
Beste Chris
Kortliks antwoorde op jou respons hierbo.
Jy skryf: "Jesus, so ver ek weet, verontagsaam telkens die streng INTERPRETASIE van die wet volgens die Fariseërs, nie die wet self nie]". Die Farriseers was absoluut wetties. Waar die Nuwe Testament die Farriseers kwoteer rakende 'n wet, was Jesus se antwoord: Die of dat staan in die wet, maar EK se vir julle iets anders, en dit is gesê in die lig van die Nuwe Testament se beskouing dat Jesus die gesag as seun van God, daartoe het. Bv. Die wet se: "'n Oog vir 'n oog en tand vir tand", Hoere moet gestenig word; Homo's moet ook gedood word; ens. "Maar EK se vir julle wees lief vir mekaar en God". Die Levietiese wette is nie onderhewig aan interpretasie nie. Hulle is klinklaar helder vir almal om te lees, en dis hoe die Farriseers dit tereg gelees het, die Essenes van Qumrum ook. Waar Levitikus en Ou Testamentiese wette veroordelend en sonder vergifnies was, het Jesus 'n leer van LIEFDE en VERGIFNES in sterk kontras met die Ou Testament ingelyf.
1. Die Ou Testament noem 'n Sabbatsmyl as maksimum afstand. Jesus met sy skare was meer as 'n Sabbatsmyl afstand buite die dorp toe hy gepreek en genees het op Sabbatdae.
2. Levitikus het dit dat hoere vermy en gestenig moes word. Die feit dat Jesus nie oordeel geverg het, en selfs 'n steniging gestop het is teenstrydig met Levitikus. Hy het in sy hoedanigheid as 'n god vir die betrokke hoer gese "Sondig nie meer nie, en EK VERGEWE JOU OOK. Dat hy selfs 'n vorige hoer, Maria Magdalena as vriendin gehad het, sou Levitikus nie geduld het nie.
3. Volgens Nuwe Testamentiese beskouing het Ou Testamentiese seremoniele wette vervulling in die kruisiging van Jesus as die paas-offerlam gekry. Besnydenis was die verbondsteken tussen Jood en god. Die is vervang waar die doop die verbondsteken geword het tussen die Christen en Christus as god, dus het besnydenis oorbodig geword. Dus waar Paulus Joodse gebruike as onnodig verklaar het, was hy nie in stryd met Jesus nie. In elk geval waar jy hierbo insinueer dat Jesus 'n ander INTERPRETASIE van die wet as die Farriseers gehad het, wat skort dit dan dat Paulus ook nie mag interpreteer dat bv. koskeuses onnodig is gesien dit eintlik niks met godsdiens te make het nie.
Voorbeelde van kleinlikhede. Om die Afrikaanse kerke as voorbeeld te gebruik. Hulle is verskillende kerke agv van kleinlikhede. Die NG Kerk gebruik nagmaal kelkies, die Hervormde Kerk die gemeenskaplike beker, die Gereformeerde Kerk uitsluitlik Psalms vir sang in die kerk, tog hang al drie die Calvinistiese leer aan. In die Joodse gemeenskap, Ortodokse sinagogas, die mans en vrouens sit afsonderlik. In die Reformed sinagoges is daar geen skeiding nie. In die Moslem gemeenskap, sekere groepe het dit dat die tulband gedra moet word, ander weer die Fez. Almal verskillend as gevolg van verskillende interpretasie van hulle heilige skrifte.
Enige boek, wat daarin geskryf is, lees ek op "face value", die Bybel ingesluit. Wat sê jy dan vir my, ek is fundamentalisties as gevolg daarvan! Hoe lees jy dan anders? Of lees jy ook tussen die lyne iets anders as wat werklik daarin staan, en maak dienooreenkomstig ander gevolgtrekkings?
Jy eindig met: "Jaco, glo my, ek is nie besig om skoor te soek met jou nie ", maar jou onnodige vraag aan my, nl. "het iemand jou al ooit die "village atheist (idiot)" genoem?", belieg jou eerlikheid en opregtheid, en dit kan nie anders gesien word as 'n bedoelde belediging nie.
Wat my dronkslaan is dat jy wat ateis is, my as ateis aanvat om verduidelings rakend die Bybel te gee, en tot datum geen verduideliking van Duitswester 'n Christen oor sy beweerings ge-eis nie. Ten minste KdK, al stem jy nie saam met hom nie, doen moeite om verduidelikings in detail te verskaf.
Jaco Fourie
Hello Jaco
Ek dink nie veel van jou antwoorde nie. Jy tel 'n paar klippies op en gooi hulle almal gelyk in die hoop dat een of meer gaan tref.
Ons los dit nou maar daar, maar probeer volgende keer jou "feite" te verwys sodat dit in konteks gesien kan word.
HeHe! Chris,
Jy het nie verwag dat ek jou vrae feitlik sou kon be-antwoord nie soos ek dit wel onmiddelik hierbo gedoen het nie, dus jou poging tot "saving face" met jou kort ontwykende antwoord. Wat jy my hierbo van beskuldig, maak jy jouself aan skuldig, sien jou erkenning in jou eerste respons hierbo.
Toemaar. Jy sal vervolgens moet "probeer om volgende keer jou "feite" te verwys sodat dit in konteks gesien kan word." (jou woorde), want ek gaan jou goed dophou, en wanneer dit nie gebeur nie, gaan ek nie huiwer om jou daaroor uit te wys nie, veral in die godsdiensdebat.
Wat jy jouself definitief aan skuldig maak is om godsdienstiges subjektief selektief te teiken.
Jaco Fourie
Jaco
Jy tik: "Wat jy [Chris] jouself definitief aan skuldig maak is om godsdienstiges subjektief selektief te teiken.
Jaco, dis sommer 'n rots (vergeet van klippies), wat jy hier deur my skerm gooi!
Verduidelik 'n bietjie meer as jy kan?
Cornelius
Hello Jaco
Als reg, dit sal goed wees as jy my dophou en in die bek ruk as ek oor die tou trap. Jy is een van die goeie ouens hier op LitNet, veral wat jou politiek betref, en ek heg nogal waarde aan jou opinie.
Chris
Danie Chris
Ek het jou begin verkeerd lees. JAMMER.
Jaco Fourie
Beste Cornelius
Kom ons los die saak net daar. Ek wil nie graag oor die onderwerp verder kommentaar lewer nie.
Dankie
Jaco Fourie
Hello Jaco
Ek het begin skryf aan die volgende en het eers besluit om dit nie te plaas nie. Ek plaas dit nou maar vir wat dit werd is ... het my lank genoeg besig gehou. Ek vra verskoning vir die belediging ('village atheist') jou toegesê in 'n vorige reaksie en vra dat jy hierdie bydrae lees in daardie gees:
Rabbynse Judaïsme het gevloei uit die tradisie van die Fariseërs wat onder andere 'n "heining" wou bou rondom die wette van Moses. Die idee was om 'n redelike idee te vorm van wat 'n spesifieke wet van 'n mens verwag, en dan 'n paar treë verder te gaan net om seker te maak dat hierdie wet nie verbreek word nie. 'n Baie goeie voorbeeld hiervan is die uitspreek van die naam van God. Ortodokse Jode verwys na God as Adonai, of verkieslik Hashem. Die Tetragrammaton (YHWH) word altyd vervang met Adonai in die hardop lees van die Tanakh. Volgens Eks.20:7 mag die naam van God nie ydellik gebruik word nie. Dit sal natuurlik insluit godslastering, maar ook belangrik in die konteks van die antieke wêreld, 'n vals eed sal nie afgelê word in God se naam (die antieke Grieke en Romeine het 'n soortgelyke eed afgelê in die naam van Zeus/Jupiter). Wat die Fariseërs dus doen is om hierdie wet "ekstra streng" te interpreteer om enige moontlikheid dat dit verbreek kan word uit te sluit.
As ons kyk na wat Jesus te sê het oor die interpretasie van die wet van Moses is dit interessant om te sien, as voorbeeld, wat hy doen in sy Bergpredikasie. In Matt.5:21 "Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie [Eks.20:13],maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.22.Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg...". Wat Jesus hier doen is baie soortgelyk aan dit wat die Fariseërs doen. Dit kan seker gewys word dat Jesus klem lê op die gees van die wet en nie die letter nie, maar dit is dieselfde proses van 'n "heining" bou om die wet wat hier werk.
Die hoer van Johannes 8: Dis nie heeltemal waar dat Jesus haar steniging verhoed omdat hy dink sy het niks verkeerd gedoen nie. Dis ook nie seker dat hy nie saamstem met die straf (steniging) vir haar oortreding nie. Die punt wat hier gemaak word is vergifnis, soos jy tereg uitwys, en 'n teenspraak op die letterlike en nou toepassing van die wet deur die Fariseërs. Vergifnis is nie 'n onbekende verskynsel in die Ou Testament en Jesus bring dit onder hulle aandag. Hy kry dit reg om haar te red deur te wys daarop dat niemand sonder sonde is nie; deur 'n beroep te doen op die Fariseërs se gewete. Jesus vergewe haar: "Gaan heen en sondig nie meer nie" (Joh.8:11). Wat hier gemis word is dat die Fariseërs haar ook vergewe het. As die Levietiese wette geskryf was in klip, sou so iets onmoontlik gewees het.
Nou kan ons miskien weer kyk na die Bergpredikasie in Matteus 5:17 "Moenie dink dat ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul". Hierdie vervulling kan nie geassosieer word met die kruisiging van Jesus nie, vers 18 maak dit duidelik: "Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie".
Die briewe van Paulus weerspieël 'n Marcionite invloed wat sy siening van Jesus se verhouding tot die wet anders sien as die Evangelies, maar miskien kan ons hierdie onderwerp los vir 'n ander dag.
Chris
Ns. Ek besef dat ek nie op al jou punte reageer het nie. Soos jy noem: Ek "teiken subjektief selektief". Hoop jy kan my hierdie keer vergewe.
Hello Jaco
Ek kan myself maar net nie help nie, wees maar geduldig asseblief. Jou stelling: "Die Ou Testament noem 'n Sabbatsmyl as maksimum afstand. Jesus met sy skare was meer as 'n Sabbatsmyl afstand buite die dorp toe hy gepreek en genees het op Sabbatdae", het my 'n bietjie laat vasbrand. Ek kon net twee verwysings kry wat hierna verwys:
Hand.1:12 "Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver". Dis die dag van Jesus se hemelvaart, wat blykbaar nie gebeur op die Sabbat en dalk eerder verwys na die afstand self, 2000 cubit (amper 'n kilometer).
Matt. 24:20 "En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie". Hierdie vers verwys na die voleinding van die wêreld en waar almal wat kan moet vlug na die berge so gou as moontlik. As dit gebeur op die Sabbat het jy probleme: jy sal nie ver genoeg uit die pad kan kom nie omdat jy nie die Sabbatsmyl afstand mag oorskry nie. Hierdie is die woorde van Jesus.
Ek kan nie die verwysing na Jesus wat meer as die Sabbatsmyl aflê kry nie. Kan jy help?
Chris
Reg so Jaco ... ek aanvaar dit net so ...
Namaste!
Cornelius
Beste Chris
Die oorspronklike debat het gegaan oor die verwerping van Paulus se skrifte omrede hy die onderhouding van Joodse gebruike as onnodig beskou het. Ek het volhou dat hy nie met Jesus teenstrydig was nie, hoofsaaklik omrede die serimoniele wette in die kruisiging van Jesus vervulling verkry het.
Ons twee se debat bly suiwer akademies, weens die feit dat ons altwee Ateiste is, so op die ou end maak dit nie saak waar die uiteinde van die debat op uitloop nie. Ek persoonlik wil nie verder tyd op hierdie onderwerp bestee nie, maar hopelik ek antwoord deel van jou vrae deur ander te kwoteer (dis so veel makliker om te "copy paste" as om self te moet dink).
Jy skryf: "Wat hier gemis word is dat die Fariseërs haar ook vergewe het. As die Levietiese wette geskryf was in klip, sou so iets onmoontlik gewees het" ('n suiwer veralgemening). Ek het nog nerens in Levitikus gelees dat daar vir vergifnis enigsins voorsiening gemaak word nie. Jesus het gevra, die een wat sonder sonde is, moet die eerste klip gooi.. Sy logika was oorweldigend. In terme van Jesus se vraag, enigeen wat die klip gooi, eien vir homself sondelose goddelike status, want alleenlik God het nie gesondig nie. Die Farriseers was definitief nie bekend vir enige vergignesgesindheid nie. Toe Jesus se "Ek vergewe jou ook" het hy goddelike status vir homself ge-eien, wat die Farriseers later in hulle geregtelike beskuldiging teenoor hom aangebring het by beide die Hoër Priester en Pilatus.
Met betrekking tot die Sabbats Myl, copy- paste ek die volgende:
Sabbath day's journey –“BibleGateway.com” supposed to be a distance of 2,000 cubits, or less than half-a-mile, the distance to which, according to Jewish tradition, it was allowable to travel on the Sabbath day without violating the law (Acts 1:12; comp. Ex. 16:29; Num. 35:5; Josh. 3:4).
AND ALSO
SCRIPTURE \BACKDROPS: How Far Was A Sabbath Day’s Journey
According to the Mosaic law every Israelite was forbidden to travel on the Sabbath day. Exodus 16:29 "See, for the Lord hath given you the Sabbath, therefore he giveth you on the sixth day the bread of two days; abide ye every man in his place, let no man go out of his place on the seventh day." But there is also evidence that the Israelites were permitted to go a certain distance on that special day. For example they could visit the tabernacle and temple from any distance within the encampment or city. Over the centuries the authorities within the rabbinical circles of Judaism found ways, from examining the miniscule details of the law, to increase the distance that an Israelite may travel on the Sabbath day. In ancient times they determined that one may travel on the Sabbath from within the city boundaries and this distance was fixed at 2,000 cubits. They based this on Joshua 3:4-5: "And they commanded the people, saying, When you see the ark of the covenant of the Lord your God, and the priests the Levites bearing it, then ye shall remove from your place, and go after it. Yet there shall be a space between you and it, about 2,000 cubits by measure; come not near it, thay ye may know the way by which ye must go: for ye have not passed this way heretofore." Then after some time the rabbis interpreted "place" to mean city so that it would be acceptable to travel 2,000 cubits outside his city limits on the Sabbath day. Then again later the Pharisees doubled the distance that one might travel by yet another minute detail. They inserted a rule that if one placed food preparations at another location, then that place figuratively became his abode and he may travel to there up to 2,000 cubits and then another 2,000 cubits which made the whole journey 4,000 cubits, or about 6,000 feet or a little over a mile. A cubit was around 18 inches (from forefinger to elbow), although the measurement differed during different periods of Hebrew history. In New Testament times and soon after, the Pharisees found another legal fiction and stretched the distance for traveling on the Sabbath a little farther. They theorized that if a person was to travel 4,000 cubits on the Sabbath day, then he would also need to return and thus they allowed 8,000 cubits as the standard. There are some mentions in the New Testament alluding to the Sabbath day's journey such as in: Matthew 24:20: "But pray that your flight may not be in the winter, nor on the Sabbath day" Acts 1:12: "Then they returned to Jerusalem from the Mount called Olivet, which is from Jerusalem a Sabbath day's journey." Jesus continually taught that the Sabbath was made for man and not man for the Sabbath, and thus the authorities in Judaism were reproved by Jesus for misunderstanding the heart of the law and laying a heavy burden upon the people. He spoke with the authority of heaven when He said "The Son of man (apocolyptic redeemer of Daniel 7) is Lord of the Sabbath.
Om 'n lang storie kort te maak. Die oorspronklike siening was nie meer as 'n myl, later, sonder Ou Testamentiese goddelike gesag vir langer afstande aangepas. d.w.s. Jesus se afstand buite die dorp was meer as die oorspronklike Sabbatsreis.,
Beste wense
Jaco Fourie