"Patrone" deur Robert Odendaal

  • 0

Patrone

Geleidelike gradiënt
Niksseggende oë
Val verder van die son daar bo

Daar is
vensters wat toe is
Mense wat jou mis
Woorde wat oor en oor
jou kop betoor

Soos:
"Jy is die vorige self"
"Verloor ek myself?"
Woorde wat oor en oor
jou kop betoor

Toe, een dag
toe ek my oë oopmaak
wat katarak blind was
sien ek patrone

Jy was
die vorige self
as vermydende oorlas

Verwytende woorde
vorm patrone
tot beloning

Voor jy jouself nog kan keer
keer jy jouself voor
Voor jy jou self kan beheer
beheer jy jouself
Jy is die huidige self

? Woning
in wording
In word in

Toe, dag een
maak ek my oë oop
die vorige self dood
stil

Sien ek patrone
Die bome
in wolke van drome

Die woorde
my wording
Beloning
in patroon in

Voor ek myself nog kon keer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top