Vers 1:
Kom al 'n lang pad tesame
Ek en daardie liefde vir musiek
Sing my ou hart uit vir reklame
Deuntjies op versoek van die publiek
Vers 2:
Lang ure tot die vroë môre
Soms is dit harde bene kou
Almal slaap dan voel ek so verlore
My deuntjies woorde vloei dan uit die blou
Refrein:
Met my ou kitaar skryf ek dan liedjies
Help nie net my drome bly ’n droom
Ure tokkel ek soms vir die kriektjies
Tog verkies ek wel 'n mikrofoon
Haak daai waentjie musikant gebore
Vuur en vlam met passie vir musiek
Vers 3:
Geld sake niks om van te praat nie
Harde werk sal wel met tyd beloon
Kyk na ’n ster soos McCartny
So leer ek gawes het ’n kroon
Vers 4:
Op die ritme kap'it uit my maatjie
Skoffel daardie voete oor die baan
Binnekort sny ek ’n goue plaatjie
Dit is waaroor hierdie liedjie gaan
Refrein:
Met my ou kitaar skryf ek dan liedjies
Help nie net my drome bly ’n droom
Ure tokkel ek soms vir die kriektjies
Tog verkies ek wel 'n mikrofoon
Haak daai waentjie musikant gebore
Vuur en vlam met passie vir musiek

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

