"Partykeer" deur Tilla Diedericks

  • 0

Partykeer

Partykeer wil ek sommer net onder die bed gaan lê
As ek moeg geluister is na wat ander mense sê
Partykeer wil ek sommer op die huis se dak gaan dans
Wanneer die son oor my skyn en probleme verdwyn
Partykeer wil ek hardloop tussen duine sand
of kaalvoet seevoëls jaag op Blouberg se strand

Partykeer wil ek blomme pluk ver in Namakwaland
en tussen velde hardloop met 'n blom in elke hand
Partykeer wil ek jou vashou en deur jou oë kyk
hoe my wêreld buite deur jou oë lyk

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top