Hitler met sy "bruin uniform"-brigade het as ’n werkersorganisasie begin in Duitsland, in die ekonomiese depressie ná WO1. Gou was die politiek deel van sy organisasie, as nasionalisme teen "kapitalisme", waar alles van ander etniese groepe ’n "misdaad teen die mensdom" was en ’n uitbuiting van die "ware inheemse duitser", wat "reggestel moes word met aksie", ongeag hoe diskriminerend die "aksie" was. Watter omvang het die aksie aangeneem? Openbare geweld, nasionalisering en later was selfs die herkoms en fisiese voorkoms ’n "misdaad teen die mensdom" wat met dood en onmenslikheid vernietig moes word ten alle koste. Dit was op grond van ’n spesiale tipe "christelike wedergeboorte" in die Lutherse en Katolieke kerke in Duitsland gedryf, met "tradisionele byeenkomste" in stadions en op stadspleine.
Die huidige SA arbeidswetgewing is geskoei op die Duitse model, akademies, as iemand probeer sê ek is van merk af. In die Duitse jeug was "nasionalistiese sosialisme" die credo en in top room, was nasionalistiese kapitalisme aan die orde van die dag, met ekstravagante dinees en sosiaal-politiese byeenkomste met temas. Vir die Duitse werkerklas was daar ’n voorgeskrewe eenvormige tipe lewe, bv RDP huis, salaris en tipe stapeldieët (pap en afval?), vervoer en dit was byna onmoontlik om te "migreer" na "sjokaladesprinkels" op top room van die "latè". Die Hitler-brigade het na 18 jaar hulself vernietig, omdat hul aspirasies in streek- en wêreldpolitiek ’n monster geword het. Die "korrupsie-monster" laat mense nooit rus nie, want gaan jy op ’n "strandvakansie in Mauritius" is jy verlore as jy na twee weke terugkom. Kyk na Malema wat kwistig vinger oor korrupte politici geswaai het en toe na die Olimpiese spele is. Na sy terugkeer, het sy eie "tenderpreneur-monster" buite sy beheer geraak in sy afwesigheid en eet hom nou? Eenvoud bly beste.
Hans Richardt

