"Paradys in ’n kluis" deur Roelou Malan

  • 0

Paradys in ’n kluis

Staan buite in die reën ...
Niemand in sig ...
Nie ’n enkele een ...
Probeer iemand vind ...
Maar die mis lê dig ...
En die wind is onrustig ...

Dit reën al hoe harder ...
Die donkerte kruip nader ...
Ek wil hardloop ...
Ek wil skree ...
My hele lyf vibreer ...
En ek sidder van vrees ...

Die donkerte sak neer op my ...
Skielik hou ek op met bewe ...
Met my liggaam onder beheer ...
Kry my bene weer lewe ...
Hardloop en klop aan elke deur ...
Opsoek na skuiling ...
Opsoek na stilte ...

Refrein
Vanuit die verte lyk dit soos die hemelruim ...
Spontaan en opgewonde ...
Opsoek na ’n manier tot binne ...
Al die openings is afgespêr ...
Ek's so naby
En tog so ver ...
Alles wat ek doen is tevergeefs ...
Ek probeer my bes om die helder lig op te eis ...
Maar my paradys ...
Is toegesluit ...
Toegesluit in ’n kluis ...

My hart klop angstig en benoud ...
Met hoop, en met moed ...
Bulder ek my vuiste ...
En slaan aan die deur
Keer op keer ...
’n Stem fluister in my oor ...
Probeer, Probeer, Probeer ...

Al is daar baie ander deure om oop te wring ...
Bly daar net een waarna ek wil deurdring ...
Die deur na jou hart ...
Gekies sonder om te besluit ...
Sonder vrae ...
Sonder spyt ...

Moet die deur vinnig oop forseer ...
Wil uitvind of my toekoms binne verskyn ...
Maar die donkerte wil my keer ...
En maak dat my drome vir altyd verdwyn ...

Skelm loer ek deur die krake ...
Opsoek na verligting ...
Maar voel tog so verlate ...
Sien ’n helder lig wat deur skyn ...

Refrein

Vanuit die verte lyk dit soos die hemelruim ...
Spontaan en opgewonde ...
Opsoek na ’n manier tot binne ...
Al die openings is afgespêr ...
Ek's so naby
En tog so ver ...
Alles wat ek doen is tevergeefs ...
Ek probeer my bes om die helder lig op te eis ...
Maar my paradys ...
Bly toegesluit ...
Toegesluit in ’n kluis ...  

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top