Beste Panda
Dawid tel die volk. GOD straf deur pes oor Israel te bring. In die Protestante se 2 Samuel 24 staan dis die HERE wat Dawid aanhits. In 1 Kronieke 21 is dit weer Satan wat onder die toelatende wil van GOD, Dawid in dieselfde verhaal aanhits.
'n Telling van die volk as sodanig is nie verkeerd nie (Num 1:2). As die motief van pronk en spog egter daaragter sit, is dit 'n gruwel voor GOD. Dawid besef te laat dat GOD nie slaap nie en dat hy die volkstelling met die verkeerde motief aangepak het.
Die mens kan net tel wat aan die mens behoort. Harte wat GOD dien behoort aan GOD. Selfs waar harte aan GOD in gehoorsaamheid getel word, moet elkeen wat getel word om vergiffenis bid.
Soos geskrywe:
As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie (Eksodus 30:12).
Toe het Satan, Koning Dawid aangehits om Israel te tel (1 Kronieke 21). Toe sê Dawid vir Joab die leërowerste wat by hom was, tel julle die volk sodat ek die getal van die volk kan weet. En Joab het aan die koning gevra waarom hy behae het in hierdie saak? Maar Koning Dawid se opdrag was wet. En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee. Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die HERE gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; HERE, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel ... En die HERE het 'n pes onder Israel beskik ... Maar toe die engel sy hand uitsteek na Jerusalem om dit te verwoes, het dit die HERE berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! (2 Samuel 24).
Ja, in GOD se tugtiging van die mens is GOD ook genadig.
Panda, aangaande die oënskynlike teenstelling van Satan of die HERE wat Dawid aanhits; die teks kom uit Hebreeuse Skrifte bekend aan Christene as die Ou Testament. Dis dus belangrik om die teks in Hebreeuse redeverband te verstaan. Die gedagte aan Satan in wen/verloor stryd met Jesus Christus kan nie op Hebreeuse Skrif gedwing word nie. Hebreeuse perspektief leer dat GOD alleen magtig is. Goed en kwaad kom alles van GOD.
Derhalwe is Kronieke deur die priester Esra opgeteken. Priesters se lering verskil van profete in die opsig dat GOD nie self met ons modderwesens se swakheid handel nie, maar nes in die geval van Job, Satan die taak toelaat. Esra het Kronieke opgeteken na die terugkeer van die volk uit die Ooste. Hindoe aanbidding in goed en kwaad het wonderbaarlik invloed op Esra se optekening. Dit het die Jode nog honderde jare geneem om Esra se beskouing ter harte te neem. Eers in die eerste en tweede eeu na Christus is dit uiteindelik in Rabbinisme vervat.
Panda, Kobus de Klerk maak die feit omtrent sy oneervolle skraping as prokureur as persoonlike belediging af. Daarteen voer hy sy blote veronderstelling in demoniese besetting van ander se werklikheid as feit. Lees sy lidmaatlose Christelike Nasionale Party wenwaan daarteen. Bogenoemde feite uit algemene katolieke katkisasie, val sy en ander regsinniges (gereformeerdes) se bose debat verby.
Mag Jesus Christus onse Shekhinah ons almal vergewe.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

