"Padkaart in my hand" deur Naomi-Janet Coetzee

  • 0

Padkaart in my hand

Was net maar nog 'n naam
'n Vreemde plek vêr weg hiervandaan
'n Naam op die padkaart in my hand

? Naam weggesteek in die onderste hoek
van die padkaart in my hand
? Vreemde plek
Vreemde mense, vreemde kant
Net ? naam op my padkaart, maak geen saak

Jare terug hierdeur gereis
Net 'n stop en 'n ry
Dié plek is regtig nie vir my
Die see lê vaal, met dooie seewier op die strand
Die Suid-Ooste wind wat droewig waai
my hare laat tiekiedraai
En dit is orals net sand
in hierdie dorpie langs die see se kant

Hy praat nie my taal nie
en ek vat die pad meer na die Suidweste kant

Twintig jaar terug
praat jy nie my taal
Maar vreemde paaie het ek gery
Noord-Oos-Suid-Wes
Dit was nooit tuis bes vir my

Keer op keer
Weer en weer
Met die padkaart in my hand
val my oë weer aan die Weskus se kant

GPS ingestel, waar sal ek land?
Na twintig jaar van vreemde paaie
op my padkaart in my hand

Ek land toe net hier
aan die vreemde kant van die land
Vreemde naam
Vreemde mense
Vreemde dorpie
En vreemde kant van die land
Waar seebries jare terug
met woeste Suid-weste winde
rowwe see, vaal straatjies
nie my taal kon praat nie

Ek land toe net hier
waar die wind in my oor fluister
Die seebries teen my lyf vaswaai
Die huisies wit skitter in die warm Weskus son

Hier waar ek vry kan huppel op die strand
Hier waar ek kan lag sing en dans
en vergeet van al die pyn en seer
Hier waar ek weer mens kan word

Hier waar ek drome kan droom
hier waar ek wag vir jou
Waar die see met my hare speel
die sand deur my tone krul
die son my vel bruin brand
en ek sandkastele kan bou in die sand

En nou met die padkaart in my hand
sit ek hier op die strand
Jou naam nie meer vreemd
en aan die ander kant van die land
Jy nie meer net 'n plek in die padkaart in my hand

Ek huppel nou in die sand
sing, dans en lag
met die son wat op my vel brand
die wind wat met my hare speel
Ek’s tuis waar ek hoort
in die blou lug van die see
die branders en sand
Ek’s hier

Met jou naam in die padkaart in my hand
het ek nou die einde van my pad gevind
Jy het my hart gesteel, my sowaar gevang
met jou seebries en Suidweste wind
Jou stowwerige straatjies
Eens wit huisies wat skitter in die Weskus se son
Die wind wat deur my hare speel
terwyl vioolklanke deur die branders gly
Ek is hier om vir ewig te bly
Dwarskersbos in my hart
Vat maar weg die padkaart in my hand

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top