"Pad na my siel" deur Andre Le Grange

  • 0

Pad na my siel

Daar is vir my net een, net een soos jy
Hier is die een, die een net vir my
Ek loop verby die venster, of is dit?
Dit is eintlik ? spieël, die pad na my siel
? Venster wat my op my plek sit

Toe ek vandag so bietjie gewonder het
Dwing ek myself om nog meer op te let
te sien wat ek tog kan en gaan aanbied
Minder te wonder, soveel meer om te weet
Hoe sê hulle, knowing your potential is essential

Die dag gaan kom wanneer ek seker sal besef
? Craving, warmbloedige man is seker zef
Maar ? yskoue, afsydige man is swak
Die lewe op sy eie is ? vak
? Vak wat jy moet slaag
of jou toekoms word vertraag

Kyk na jouself en wees gelukkig
wees vir altyd so baie onskuldig
Loop weer verby die venster
kyk weer bietjie na die pad na jou siel
En besef dit maar weer, liefde word nie gekeer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top