Pa van die stories 
Vers 1
Bespreek
Alles oor my agter my rug
Verbreek
Alle vertroue, hoor my sug
Ek staan verbaas
Oor wat gesê word
Jy dink jy raas
Jou gesig gaan seer word
Koor
Want alles wat jy sê
Gaan soos stof gaan lê
Ongeskuif
Jou bloody tortelduif
Is my humeur teenoor jou
Onthou
My aksies gaan jou stories laat bene kou
Vers 2
Verkeerd
Is blykbaar hoe ek optree
Onbeheerd
Is die stof wat jy opvee
Ek weier om gepla te wees
Deur wat jy doen en sê
Want kort voor lank gaan jy pa moet wees
Vir die stories wat orals lê
![]() |



