"Pa" deur Ansie Venter

  • 0

Pa

Ek dink aan Pa vandag.
Aan jou vriendelike glimlag

Jou hande groot en sag
Teer, liefdevol, jou laaste tas.

Jou oë groot bruin en sag
Wat eers sou kyk met lag

Pa jy was my goeie pa
En ek het jou liefgehad

Ek sien jou soos jy as mens verdwyn
En die pyn!
Jou hande slap
Jou oë strak
Die pyntrek om jou mond
…. En ek wens ek kon jou hou,
Jou in my arms vou

My hart pyn so vir jou

Jy was so lewendig – jou laaste lig
Net ‘n groot sug

Alleen het jou liggaam daar gelê
En ek wou jou nog so baie sê

… dat ek jou wou t’rughou,
En dat ek baie lief is vir jou.


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top