Ozymandias herbesoek

  • 0

‘n Vlugteling uit sy vervreemde land
vertel my nou die dag:
daar op die duister heuwels
van Azanië gaan dit deesdae
doller as kop-af.
Want êrens tussen die suikerriet
staan sowaar ‘n paar
reuse-kleivoete,
die res van daardie kolos lê
tussen afgebrande hutte
en bloedige plakkerskampe
aan flarde;
tog, op die gerestoureerde voetstuk
pryk ‘n goue plaak; die inskripsie
in vetswart basuin blatant
oor alle armoede uit:
hier waar u lê,
u Majesteit,
sal skape dans;
u naam bly prys.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top