Ouerdae
Ek mis die woorde van "Jabulani" (verduideliking: liedjie deur PJ Powers)
Ek mis daai antie van Wielie Walie
Sarel Seemonster se gelag
Die man van staal se krag
Ek mis om nie my hande te was
Saartjie was my grootste crush
Trompie en die bende
Die musiek van ’n legende
Koor
Ek mis die Hardy Boys (verduideliking: Engelse boekreeks)
Vir mossie en baas
Riaan Cruywagen lyk nou nog verbaas
My hart was nog heel
Niemand behalwe Saartjie (verduideliking: TV-program en boekreeks)
Kon dit steel
Ek mis om met my hande te eet
Om baie dinge nie te weet
Ek mis die stoeigevegte
Gesteelde nageregte
Ek mis my kamer
En Vlekkies my brak
Ek mis my kite (Afr. vlieër)
Op die garage se dak
Koor
Ek mis die Hardy Boys (verduideliking: Engelse boekreeks)
Vir mossie en baas
Riaan Cruywagen lyk nou nog verbaas
My hart was nog heel
Niemand behalwe Saartjie (verduideliking: TV-program en boekreeks)
Kon dit steel
Pinnochio was ’n stoute ou
Ek kon nog sonder trane rou
He-man was ’n regte held
Trompie't ’n huis gebou sonder geld

![]() |