wann’r’t Mens, all’s all’rnoodsaakl’k, ontbreek,
wann’r Homo Self sien, hoe, wáár, hef insteek,
wann’r Millenjum Drie Homo Sapiens Sapiens,
net sou wou kô, totte últra-anti-oorlog-sêns
v’r dié, wie oppie Flossie al bossies was,
toe innie Styts patriargie wou v’rbreed,
Derde Magt’l’k opg’stook, slinks-wreed,
selfs Chris Hani, ons eie Ché, toe v’rras
vir wap’ndra’r is vrede altyd oorbod’g,
virre moord’naar bly bloed vloei, rooi,
vrugt’ v’n g’wet’nloosheid nooit mooi,
ai, struktuurg’weldstuin, heel onnod’g
al lê vryheidsbasis ver innie v’rskiet,
wéét Skeps’l, wat Skepp’r nu g’bied
Jacobus Faasen


Kommentaar
Jacobus, so van die os op die jas: Weet ons werklik wie agter die moord van Chris Hani sit?