Ou omie in die winkel

  • 10

Anderdag is ek in Pick n Pay amper klaar met inkopies, toe ek besef ek het al weer iets vergeet. Ek moet terug loop na die yskaste om viskoekies te kry. Dis 'n lang ry regop koelkaste met glasdeure, sommige aangewasem. Party deure is oop terwyl werkers goed inpak. Die viskoekies is nie hier duskant nie en ek moet verder aan loop om dit aan die ander kant te soek.

Skielik kom ek van aangesig tot aangesig te staan voor 'n verslonsde ou omie, grys aan die slape, yl grys baard en bebril. Hy het 'n rooi en blou hemp aan en 'n driekwartbroek wat amper op sy enkels hang. Ek sê nog ewe beleefd "Sorry, gaan maar", bedoelende hy moet verbykom, toe ek skielik besef dis ek self, weerkaats in die oop deur. Ek voel natuurlik 'n gek, maar dis tog snaaks ook.

So sien mens jouself vir 'n oomblik objektief raak, soos ander mense jou sien. Ek wonder wat dink hulle van jou as jy dan so verwaarloos lyk.

En ek wonder of 'n mens jou gedagtes en emosies ook soms so onbetrokke kan bekyk. Dis seker nie heeltemal moontlik nie, al probeer jy. Tog dink ek mens kan soms vir jouself sê "Probeer kalm bly, jy is te emosioneel." Of selfs, "Los die seksgedagtes, jy is al te oud." Seks en jagsheid (met permissie gesê) is buitendien 'n vloek wat op die mensdom geplaas is, na die troue moet jy jare lank werk om 'n vrou en kinders te onderhou, en dikwels kom daar 'n vieslike egskeiding wat almal sielkundige skade berokken. Soms het ek 'n stryd met hierdie gedagtes wat by my opkom: "Is ek slim genoeg, of is ek maar dommerig?" En seker die belangrikste: "Is daar 'n God of nie, is die wêreld godloos en op homself aangewese?"

Toe ek jonk was, het ek die geloof in 'n god verwerp, al is ek as't ware in die NG Kerk "grootgemaak". Nou, in die ouderdom, wens ek vuriglik daar is wel 'n God, want die mensdom is in 'n gemors en het Hom nodig om alles weer reg te maak. En ék het Hom nodig, om my te vertroos en versterk.

Groete,

Varkspek

  • 10

Kommentaar

  • Hello Oom, Dit is baie moeilik om jou Varkspek te noem, maar van dat ek kan onthou is dit die oues wat ek bewonder.

    My oorlede ouma, 'n moeilike tante in haar lewe wat nie haar familie ontsien het nie en beide haar seuns, skoondogters en kleinkinders die harnas ingejaag het en ook so die gang in die ouetehuis waar sy die laaste vyf jaar deur gebring het. Tog mis ek haar tenspyte daarvan dat ek lig geloop het vir haar. Ander 'bejaarde persone', na wie ek kyk in 'bewondering' is George Steiner, in lewe, en in afsterwe Isaiah Berlin, wat vit my net beter was as hulle jonger self, so ook paradoksaal ou Harold Bloom. Maar die foto bring die volgende na vore en kan dalk van toepassing wees en verdien Naomi weereens 'n kompliment vir die briljante foto gekies: 

     
    Letter to D
    A Love StoryAndré Gorz
    Julie Rose, Translator
     
    He had been entrusted with her little wonder and had brought back a toad.                         --- The Words,                         
     
    André Gorz is one of those dreadful important French Existential philosophers that you and I never got around to reading. 
     
    For most of us it was Jean-Paul Sartre and Albert Camus or Simone de Beauvoir and Romain Rolland. But Kazimierz Brandys? Charles Apothéloz? Jean-Jacques Servan-Schreiber? André Gorz?
     
    This book tells us that Gorz had a long and loving relationship with his wife Dorine. He never could figure out what she saw in him, but they were working partners for fifty-eight years. Late in life, she began to suffer from arachnoiditia --- a complication of earlier medical tests --- and in 2007, when she was dying, the two of them, both in their eighties, chose to commit suicide, were found "lying peacefully side-by-side.

    The Sunday Magazine exclaims that Letter to D is "One of the most poignant missives you'll ever read. A meditation on a love supreme." 

    He writes of his earliest desire to be Nothing, nobody, wholly buried within myself, not objectifiable and identifiable. 

    Gorz was attached to "the psychological comforts of grand intellectual theory.""You'd blossomed and grown in every dimension," he writes of his wife, "...whereas I'd always been in a hurry to move on to the next task, as though our life would only really begin later."It's fairly safe to say I probably haven't lived up to the resolution I made 30 years ago to live completely at one with the present.

    The Letter to D becomes an extended Zolanesque "J'accuse" ... but instead of being aimed at the corrupt political and judicial culture of France, it is --- sic pilum est --- an arrow aimed at the author's own heart. 

    "I am writing to you now to understand what my life has been, what our life together has meant," he reports:Why was there so little of you in what I've written when our union has been the most important thing in my life?

    He answers his own question, quoting from Kafka: 

    "My love for you doesn't like itself."

    This is a man who cannot abide himself. 

    If he can't stand himself, he is saying, what kind of a woman would be so foolish as to love him? 

    As this "love letter" to Dorina makes clear, Gorz is a philosopher/king with his head in the clouds of "existentialism and phenomenology" and "political ecology" --- a man who seems to be incapable of feeling that Sartrean "pathos." 

    And after wandering through this extended hate-letter to himself, the reader is left to wonder what poor Dorine saw in him.It was enough, obviously, to sustain them both, for fifty-eight years; and --- ultimately --- to kill them both.
     
    Vir die sonder 'n 'Dorina', heteroseksueel of homoseksueel, is die vraag dan wat sal vertroosting bring wanneer jy beleef hoe jou lewe stuk vir stuk vernietig word, jou oorsprong, jou groot ouers, 'n vriendin wat selfmoord gepleeg het, familie wat wegdryf, 'boyfriends' wat gaan, die afsterwe van jou ouers in die toekoms en vriende wat nie vir ewig is nie en hier ook my eie diagnose van VIGS, wat my laat wonder hoe sal my sterwensjaar wees sonder die wat my lief gehad het om moed en ondersteuning te bied. 

    Dit is baie moeilik
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Aaanvullend tot 'n vorige opdatering, die bron van sekere van my idees, dit kom uit 'n opstel wat Saul Bellow se werk beoordeel het en word soos volg opgesom: 
     
    Bellow is nie 'n teoretikus nie. Hy is 'n romanskrywer wat deur teoretici gefassineer was, soos gesien kan word na aanleiding van sy roman, Ravelstein wat gebaseer was op die lewe van Allan Bloom. en verwysings in Herzog wat met Heidegger se 'thrown into existence' begin, indien ek reg onthou. 
     
    Die uitgangspunt van sy werk is dat die wêreld is op pad na die hel in 'n handsak, omdat elkeen van ons, oor ons leeftyd, die geleidelike uitwissing van die wêreld waarin ons gebore is, of dan gegooi word deur geboorte ervaar ook gedwing word om te ly. 
     
    Sensasies, seks, die mooi, vervaag, vriendskappe spat uitmekaar, mense vir wie ons lief was en wie terug liefde betoon het, sterf, en niks kan hulle ooit heeltemal vervang nie. 
     
    Die bestaan ?van die mens ?is daarom 'n verskriklike ding en kan dit nie vermy word nie. 
     
    Bellow toon 'n driftige ontevredenheid vir die moderne wêreld, omdat die georganiseerde uitwissing van die verlede oorkom as uitstaande kenmerk van die mens se bestaan en sonder meegevoel die mens se bestaan af te takel. 
     
    Indien die bestaan verpersoonlik kan word, dit toon 'n obsessie om die mens daarin se lewe te vernietig wees en vind Bellow die argument van hom en die kennis wat dit bring en die effense vertroosting wat dit bied nie oortuigend nie en besef Bellow dat die mensedom sal voortgaan om die troos vir soetkoek op te eet. 
     
    Daar is geen genesing vir die lewe, omdat die wêreld, alles wat ons doen of sê, hou op bestaan op 'n sekere stadium. 
     
    Bellow mag dalk 'kleef' aan nostalgie, maar doen nie so in die eenvoudige bedoeling daarvan. 
     
    Bellow 'kleef' aan nostalgie in die diep gaande sin dat byna elke mens instinktief daaraan vashou. 
     
    Ons haat verandering, want ons vrees die dood.
     
    Die twee tipes persone in Bellow se wêreld kan soos volg beskryf word en bied dalk 'n verklaring van die menslike kondisie. 
     
    Die meeste mense gee in en aanvaar dat die moderne wêreld, die bestaan, wat werklik geen nut vir hulle het, egter nog steeds hulle wêreld is en aanvaar dit as die 'werklikheid'. 
     
    Sommige sal reg deur die vertroostinge sien en die redes wat gebied word en duidelik sien dat die bestaan in sy geheel word gerugsteun deur niks. 
     
    Dit is mense wat geseën is met 'n volmaakte gebrek aan liefde, hulle is die sosiaal aanpasbares en die wat gebore is om te oorleef en ewe goed in alle moontlike wêrelde sal vaar. 
     
    En dan uiteindelik, waar Varkspek se inleidende brief ons bring: 
     
    Maar dan, uiteindelik, is daar die eensame en self-bewuste wanaangepastes, die sensitiewes wat siek gemaak word deur die moderne lewe, maar nie anders kan nie.
     
    Om tog te oorleef word daar dan gedraai na die uitwerk van 'n teoretiese skema om die bestaan die hoof te bied en beskerming te vind teen die res die res van hul geslag se minagting vir hul weiering om die huidige te aanvaar en vir die vertroostinge te val. 
     
    Die opstel sluit af en voer aan, dat tot die mate dat daar helde in Bellow se boeke is, is dit hierdie wat agter die teoretiese skema staan en op daardie manier 'n verduideliking vir die bestaan probeer formuleer. 
     
    Al die bogenoemde voorbeelde, is grootliks manlik en is dit seks wat verligting bring en manlike sukses bevestig asook vertroosting waar die man nie suksesvol is nie. Indien ook reg onthou word is dit ook 'n tema in Philip Roth, soos gesien in die film Elegy
     
    Hierdie pas ek dan aan en fokus nie net op die heteroseksuele inslag maar verwys na die homoseksuele inslag ook en kies dan die woord, begeerte, die ander persoon, is dan die fokus van alle begeerte en die werklikheid, terwyl die teoretiese skemas, en ander idees, slegs die powere plaasvervanger is. 
     
    Elders vra Trienie aan 'n deelnemer hier, 'wat is jou gedagtes, in plaas van Scruton byvoorbeeld'. 
     
    Daarom is die antwoord eenvoudig, hierdie idees word getoets en geen finale oordeel word gemaak nie, alhoewel daar waarhede oor myself wel in boegenoemde stuk gevind kan word, is 'n mens is agnosties tot die werklikheid. 

     
    Baie dankie
     
    Wouter. 
  • Varkspek, ek moet vir jou sê ek het voor die Tweede Wêreldoorlog die eerste lig gesien maar dit gaan nog goed. Om die waarheid te sê ek het 'n swaer wat in die groot droogte aangekom het (1933!) en ook nog goed aangaan. Ons moet net nie te lank en te dikwels in die spieël kyk nie!

    Varkspek ek dink jy word gesoek. Nie oor wat jy verkeerd gedoen het nie, maar omdat jy die tollenaar in jou het. Jy sal geseën word. George

  • Dag Varkspek,

    ek dink jy moet dit vir G_d vertel, ek dink Hy wag vir jou sedert jy as kind afgedwaal het. Hy het vir jou 'n boodskap gelaat in die gelykenis van die verlore seun. Lees dit.

    En daai ander gedig, "Ek slaan my oë op na die berge..." Goeie een daai, baie ouens voorheen en beslis ook tans is in dieselfde bootjie. Jy sal vind dat hulle  opskuif en vir jou 'n roeispaan aangee.

     

    Shalom

    Duitswester

     

     

  • Varkspek, wanneer is die begrafnis?

    Dit sal seker in NG-kerk wees, waar 'n oneerlike predikante jou lewe vol gebreke gaan besing met lofrede, wat jou al vlerke gee? Ek dink jy moet weer besin oor lewe en einde van lewe. Die hiernamaals klink amper vir my soos 'n kar wat man houtkas/ voet in hoek gery het en dan nog staan en ruk na man hom afgeskakel het, as die 'tyd' so bietjie vinnig gestel was ...

    Hans

  • Dankie vir al die reaksies, veral vir diegene wat die moed gehad het om van hulself te openbaar. Dis te veel om individueel op te reageer, ek bedank julle sommer so in die bondel.  

    Ek wil net sê, ek lyk glad anders as die oom in die foto wat Naomi geplaas het. Ek is mooi vet en rond.   Onthou ook, so 'n yskasdeur van glas blink nie soos 'n spieël nie, mens kan nie dadelik sien dit is net 'n weerkaatsing nie.

    Groete,
    Varkspek

  • CorneliusHenn

    Beste Varkspek,  

    Jy soek na Kol. Volgens oorlewering het daar op ‘n dag, 'n aantal perde vermis geraak.  

    Die eienaar her oral na hulle gesoek.  

    Die makste met die naam Kol, is eerste opgespoor.  

    Die eienaar het toe op hom geklim en na die res van die perde gesoek.  

    Nadat hy al die ander perde bymekaar gemaak het, het na het hy na Kol begin soek - sonder om te besef dat hy op die perd sit.  

    Dis hoe naby jy aan onse HERE is Varkspek!  

    Namaste!  

    Cornelius

  • Ek belowe ek het wyd en syd gesoek vir 'n omie in 'n rooi en blou t-hemp by die viskoekie-afdeling van Pick n Pay se "bevore produkte"-yskaste ... maar helaas.  Hoop nie ek het jou té veel verontreg met die kiekie nie Varkspek.

    Naomi

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top