… se voorskou Saterdagaand, naamlik Sack, Tack en Lack. Onder andere, want daar was nog 'n paar ander. Daar is min liedjies waarin hierdie ouens nie voorkom nie – ".. as Sack jou kon liefhê ..." of "... alles wat Tack doen ..." of "... wil Lack jou soen ...". Daar was nog 'n Tanners ook, iemand het gesing van "... wat Tanners ..."
Hoekom gebruik sangers en sangeresse nie die stemknik of glottal stop nie? Terloops, hoekom noem hulle deesdae sangers en sangeresse kunstenaars? Ek dink arties is dalk die woord maar omdat die Engelse van arties as artist praat het ons nou gekom met kunstenaar (dink ek).
Maar om terug te kom na die stemknik toe; daar is byvoorbeeld geen verskil tussen "... as Sack my laaste haas se myt plaas ..." en " … as ek my laaste asem uitblaas ..." nie omdat die stemknik nie gebruik word nie. Dis verkeerd, luister byvoorbeeld na Mimi of Danie Niehaus; ek kon nog nie agterkom dat hulle die woorde so las soos meeste wat ons deesdae hoor nie.
Manie Jackson was die enigste ou wat oor die algemeen dit nie gedoen het nie, hierdie lassery nou want hy het, soos korrek is, sy woorde reg uitgespreek (miskien so nou en dan 'n glipsie gehad). Jak de Priester met die temalied van Binnelanders klink ook of hy die ding reg doen.
Miskien moet die meeste sangers en sangeresse aanmeld by instrukteurs (soos Heidi Edeling) vir diksie- en elokusielesse. Dis vandat pakgee in die skole verbied is dat sangers en sangeresse so handuit ruk.
Jan Rap


Kommentaar
Ha ha!! Hierdie is nou 'n onderwerp waaroor ek heeltemal met jou saamstem. Kunstenaar se voet en al daardie "y" wat in woorde soos bly,ry ens so aaklige kinkel kry...... blai,vrai .... Nee wat, koebaai Skouspel!!
Stem saam. Sodra die kommersiële sangers daarin slaag om kunstenaars te wees, stel ek belang om hul kunswerke aan te skaf.