Osama Bin Laden se magtige pen

  • 0

Die pen is magtiger as die swaard!

’n Objektiewe geskiedskrywer sal seker eendag Osama Bin Laden as die beste strateeg in die geskiedenis beskryf. Hy het die magtige Anglo-Amerikaanse Empire verslaan met die laagste koste verhouding ooit. Die President van die VSA het dit bevestig met sy handtekening.

Die Anglo-Amerikaanse Empire, wat deur Britanje voor WO2 opgebou is, en na WO2 aan die VSA oorhandig is in ruil vir die hulp tydens WO2, bestaan nie net uit die beheer van hulpbronne, onderdane en grondgebied nie, maar dit het eens op ‘n tyd liberale Westerse demokratiese beginsels behels. Onder andere die oppergesag van die reg, habeas corpus, vryheid van spraak en die reg om te groepeer (assemble) was die pilare van liberalew Westerse demokrasie.

In The Boer War skryf Sir Arthur Conan Doyle van Sherlock Holmes faam dat die Anlo-Boere Oorlog juis gevoer was om hierdie waardes aan die “barbaarse” Boere Republiek van Transvaal op te dwing. So het die Anglo-kolonialiste hulle kolonisering van ander lande regverdig as die bring van “beskawing “ na die “barbaarse” lande. Mahatma Gahndi se klassieke antwoord bly steeds geldig – “Ek dink dit is ‘n goeie idee” – as antwoord op die vraag wat sy denke is ten opsigte van die Westerse beskawing. Dit bly steeds ‘n goeie idee. Die regime onder die NP was juis veroordeel vir die einste redes, en apartheid verklaar as ‘n misdaad teen die mensdom, onder dieselfde stel waardes.

Osama Ben Ladin het op die elfde dag van September 2001 hierdie waardes finaal gediskrediteer. Die Anglo-Amerikaanse Empire wat op daardie stadium grootliks op genoemde waardes gebou was, is finaal verslaan en vernietig. Die empire se ekonomiese ideologie, naamlik onmenslike kapitalisme is ook besig om finaal in duie te stort.

Osama Bin Ladin kon dit alles bewerkstellig deur die empire te “slaan” waar die empire se leiers nie kon keer nie. Daar waar die meeste emosie ook ontketen sou word. Hy het die tempels van die empire vernietig, naamlik die Twin Towers. Dit is daar waar die hoe priesters van die empire bymekaar kom om hulle rituele uit te voer, en in die laaste dae hulle volgelinge se huise, kapitaal en kinders – soldate asook die kinders se geleenthede, ekonomies sowel as om verder te studeer – te vernietig.

Die hoë priesters van die empire het ongelooflike rykdom opgebou en behou met die hulp van die “bail-outs”; dit alles met behulp van hulle volgelinge se belastinggeld en die vertrapping van hulle volgelinge se sosiale net. Die sosiale net is werkloosheidsvoordele, mediese sorg, kans op geleerdheid en om deel van die middelklas te word. Verder het die hoë priesters hulle self ongelooflike bonusse betaal omdat hulle, volgens hulle eie mite en beskrywing, die ekonomie met goeie bestuursvaardighede gered het.

Osama Bin Laden het die empire verslaan met ‘n paar manne, vliegtuie wat hom niks gekos het nie, in teen deel dit was wapens verskaf deur die empire. Die duurste oorlog in die mense se geskiedenis is teen Osama Bin Laden gevoer, en hy het met die laagste koste en met die minste mannekrag verlies ooit in die mens se geskiedenis, die empire verslaan.

Hoe meer ‘n mens daaroor dink en lees, hoe meer besef ‘n mens dat hy sekerlik die mees geniale strateeg van alle tye was.

Hiermee staaf ek waaroor ek hierbo geskryf het.

Die Huis van Verteenwoordigers, die Senaat en President van Amerika het finaal met sy handtekening die empire vernietig en dus verslaan. Die optrede bewys weer eens dat die pen is dus magtiger as die swaard.

Groete,

Christoffel.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top