Lukraak die manier waarop ons leef
Neem die idee van liefde oor
Met pynstillers
En die idee van normaal wees
Rustelose siele dwaal die gange van my huis
En neem ons harte oor
Emosionele wanbalans
Wat is dit wat ons almal dra?
Gejaag na onbenullighede
Wat ons dryf gee
Wat het van liefde geword?
Ons siniese denke wat so hard dink
Gee ons die verkeerde perspektief
Niemand weet rêrig nie
Ek is net op soek na iets nuuts
Gee my kans om te kan sê
Deesdae is dit so maklik
Oop vir misinterpretasie
Goddank vir klank
Ekspressiewe middel van passie
Dit leef in my
En ek voel oplaas dat ek kan asemhaal
En leef

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

