Opskrifte nie als my keuse nie, Comestor

  • 0

Comestor et al,

Vir die rekord en hierdie moet in die algemeen beslis word vir die kennisname van alle deelnemers hier, maar dit word opgemerk dat die keuse van die titels van die briewe nie is wat die skrywer daarvan aanvanklik geskryf het nie. 'n Uitslag daaroor vanaf bestuur se kant  sal waardeer word.

"Hoogtepunte" was dus nie my keuse nie en was die briewe wat na jou verwys het nie persoonlike hoogtepunte vir my nie. Daardie brief was geskryf in die tydperk wat "koos sas" baie hier se skrywes afgemaak het en het die brief gepoog om te toon hoe die onderwerpe soos dit bespreek word 'n invloed toon hoe jy soms dan sal vertoef by 'n onderwerp wat jy nie voorheen by sou vertoef het nie. Ook is ons in die briewe van "koos sas" gekoppel en dalk het dit my meer aandag aan briewe van jou laat spandeer en het dit so uitgekom. Daar moet defnitief nie daarin gelees word dat daar 'n stille bewondering vir jou briewe van my kant is nie, want daar is nie.

Neem die siklus van "Closing of the Western mind", "Closing of the American mind", "Closing of the South African mind", wat net jou met 'n "open mind" laat en terwyl jou briewe volgens my 'n reaksionêre persoon vergestalt, net soos jou houvas op geskiedenis en die vraagstukke oor gelykheid 'n duidelike sluiting van comestor se denke uitbeeld, gvolgens jou het Fascisme die val van Kommunisme veroorsaak.

Net soos jy sonder enige bewyse die grootste versameling van onsin oor Unisa publiseer het sonder om te bevestig waar sal die binnekennis verkry word wat dit vir jou moontlik sou maak om te publiseer wat jy hier publiseer het.

Jou bronne oor die stand van Unisa is dus onbevestigbaar.

Terug na die kwessie van besprekings en is dit nie soos jy graag dit wil uitmaak nie.

Die belangrike aspek uitgelaat deur jou verwys nie na die oorsprong van hierdie debat en spesifiek so die Bloom en later die Martel boek wat die verskille in ontleding bevestig het, boeke voorheen deur my gelees, net soos met McGrath, ‘n opstel van hom in Christianity Today wat reg laat geskied het aan die korrekte bedoeling van sy argument en in kontras was tot waarmee jy vorendag gekom het. In daardie drie aanvanklike insidente was dit gou duidelik dat indien jou weergawe daarvan vergelyk word met die oorkoepelende trant van die boeke dat dit in konflik staan en in die algemeen jou alreeds gehulde standpunt ondersteun en nie in ooreenstemming is met wat die boek probeer formuleer. Skokkend soos dit mag wees lees ek ook boeke en is die verdagmaking waarmee jy kom verstaanbaar aangesien jy my moet probeer diskrediteer.

Soos alreeds aan jou uitgelig, om frases aan te haal uit ‘n boek en nie die konteks daarvan ook in berekening te bring nie, laat nie reg geskied aan die boek en is wat jy besig is om te doen om frases te kies om jou idees oor die onderwerp uit te druk en so ander skrywers se woorde daarvoor te gebruik.

Net soos met die Berger en Zijderveld waar jy nie aan jou lesers die verskil tussen demokrasie en “democratism” verduidelik het nie en wat die bedoeling daarvan is vir die skrywers.

‘n Baie belangrike uitlating van jou kant af, aangesien een van jou “hobbyhorses” juis is dat demokrasie nie almal beskore is nie en met die manier hoe dit aangebied is deur jou, skep dit ‘n verkeerde indruk en laat dit nie die leser toe om ‘n korrekte oordeel te vel nie.

Die boek van Robert Banks is ook in my versameling en was die bewering wat jy gemaak het dat Banks nie antwoorde bied vir die kwessies aangeroer deur hom foutief en sou jou lesers dit kon bepaal indien jy aan hulle sou uitlig dat die verwysings na Freud, Marx et al was om die argumente teen God op te stel en dan Banks se ontleding van hoe daardie kennis dan gebruik kan word om God te vind.

Dit is moeilik om te aanvaar dat ander ook menings mag toon oor wat jy skryf hier, hoe lank het jy geveg teen kommentaar op jou skrywes, met die klagte van, ek, comestor, wil nie reaksie uitlok nie.

Gegewe die Godwin, soos jy dalk nie agterkom het was ek vir drie weke buite sirkulasie en het nie jou skrywe gesien nie, daar was ander onderwerpe wat eerder my aandag getrek het en waaroor ek eerder kommentaar wil lewer vanaf Vrydag.

Ek het nog nie jou Godwin gelees nie, maar is bekend met die argumente van die boek in die algemeen en die stand van Zimbabwe en kan dus nie meer die punt van die Godwin bespreking sien nie.

Maak vrede met die feit dat 'n openbare forum reaksie op briewe sal bring, spreek daarom eerder die kwessies soos weereens uitgelig in die brief in plaas daarvan om my verdag te probeer maak.

Op my lys wil ek "Closing of the Western mind & American mind en South African mind" nog bespreek om al die onsin wat jy in dit kwytgeraak het te ondersoek, maar dan is jou oortredinge nou al so algemeen dat dit nie meer 'n nuutjie is nie en daarom nie so meer so dringend vir my nie.

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top